Monday 28 December 2015

PSALM 15 NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.


PSALM 15 NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.

1933 Afrikaanse Bybelvertaling.

© SA Bybelgenootskap.                    Nuwe Testamentiese Vertolking. Afkorting: NTV

WIE MAG VERTOEF IN U TENT, o HERE!                            NTV:       GOD IS IN ONS.

Psa 15:1  ‘n Psalm van Dawid. HERE, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg?

  NTV: Wie het die reg om God se teenwoordigheid op te soek? Het ‘n bevlekte sondaar dié reg? Wie het die reg om naby God te kom? Het ‘n onheilige sondaar dié reg? 


Psa 15:2  Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek;

NTV:  God het Christus, die onberispelike Offerlam, gestuur, en Hy het gedoen wat reg is in God se oë, sodat ek sonde vergifnis ontvang het, en nou het ek, uit genade, toegang tot God deur die Heilige Gees wat in my woon.

Psa 15:3  wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie;

NVT: Nie in eie krag nie, o Heer, maar as gevolg van Jesus se redding, het ek my naaste lief, respekteer en koester ek my medemens, omdat U, Heilige Gees, in my woon,

Psa 15:4  in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die HERE vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;

NVT:  ek verag niemand nie, aangesien Christus Jesus geen mens geminag het nie, daarom is ek goedgesind teenoor almal.  As ek ‘n belofte gemaak het, teenoor U en my medemens, hou ek dit in stand, al is dit tot nadeel van myself,

Psa 15:5  wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie.

NVT:  my integriteit geniet die hoogste prioriteit, ek vermy korrupsie en onwettige transaksies, en moedig diegene wat geld wil leen aan om by die regte instellings sake te doen, sodat die wet hulle sal beskerm, en hulle sodoende nie uitgebuit sal word nie. Wie kennelik daarvan bewus is dat die Heilige Gees in hom woon, is altyd besig met ‘n heilige selfspraak, sodat die vanpaste Christelike gedrag geopenbaar sal word.

No comments:

Post a Comment