Wednesday 2 December 2015

EINDE VAN ENGELSE TUINE!


EINDE VAN ENGELSE TUINE!

In vandag se Volksblad berigte oor water wat alles laat verdroog. Op die voorblad is daar foto’s van riviere se lope wat leeg loop en ander is reeds droog. Die reenval is onhebbelik skaars. Die natuur is abnormaal. Koue winde in die somer laat alle groentes magteloos om behoorlik te dra.

Vir die landbouers, stedelinge, diere almal wat leef word radikaal geraak. Die uitwerking is hoogs negatief. Haas op elke terrein bedenklik voelbaar. In ‘n volle berig binne die koerant is daar verskillende redes aangevoer. Een is El Nino. Teen natuurlike verskynsels kan bloedweinig gedoen word.

Die oplossing is aanpassings wat gemaak sal moet word. Tuine met grasperke, lieflike uitheemse blomme en watervalletjies se dae is in SA getel. Water is kosbaarder as Engelse tuine.

Verdere aanpassings is nodig. Droogbestande gewasse, geen waterinstallasies wat lek nie, woestyn boerdery met vetstertskape en ander diere wat reeds in woestyne oorleef en markgereed is. Groente en vrugte in kweekhuise verbou.

Ons benodig ‘n chemise ingenieur wat ‘n fotosintese filter kan ontwikkel om aardgasse na suurstof om te skakel.

En geen Engelse tuine nie.

No comments:

Post a Comment