Wednesday 9 December 2015

Geseënde Kersfees in ‘n ongeseënde tyd.


Geseënde Kersfees in ‘n ongeseënde tyd.

Vir sommige van ons is hierdie tyd ongeseënd. Op die oomblik ervaar ons ons wêreld in ‘n nou kanaal. Bykans benouend. Geen land of vasteland is sorgvry nie. Daar is te veel ongeseënde tendense om op te noem.

Tog is daar ‘n onverganklike, ewige, genadige en regverdige Koning wat hierdie ongeseënde tyd relativeer. Hy is Immanuel. God by ons.

Geseënde tyd saam Jesus Christus toegewens. Vreugde en vrede loodreg van Bo ervaar!

No comments:

Post a Comment