Wednesday 2 December 2015

Terug


 

Terug  

 

in die ondermaanse verlatenheid doem

die plan op

pendeltuie

neem medereisigers na mars

die wêreld is ons woonplek nie

net die nimmereindige melkweë wat wag

is die nuwe horisonlose horison.

ons is van vergetelheid vry!

 

 

die swaartekrag die verbrysel die droom

(kunsmatige swaartekrag?)

die liggaam die loom

ont-water en ont-been stort ons ineen.

 

Terug na die aarde

terug tussen bome en distels

sit ons stoksiel alleen

in ons H 2 0 tingerige tent

sober en somber

No comments:

Post a Comment