OUDERDOM
“Nou dat ek oud en grys
geword het….” Psalm 71: 18.
Die aftree-ouderdom is ‘n heerlike
nuwe lewensfase. Dit is die tyd van
vryheid, waarna ons hartgrondig uitgesien het: ons hoef nie te werk nie, nie
vroeg op te staan en laat te gaan slaap nie.
Die stres van die werk is weg. Ons kan
aandag gee aan die stokperdjies wat ons al die jare wou beoefen: daar is tyd
vir tuinwerk, musiekuitvoerings, toere en die genot van die kleinkinders se
geselskap. Terwyl ons die positiewe kant van hierdie ouderdom raaksien,
waardeer en vertroetel, is daar ander wat dit nie aldag so ervaar nie. ‘n
Gerespekteerde professionele persoon se opmerking was: ‘’Die lekker van vryheid
verdwyn na ‘n tyd, want dit is vervelig om elke dag met niks besig te wees nie.”
Dit is skokkende woorde, maar sommige voel so.
Hulle is nie ongelowig nie,
maar het ontdek dat aftrede ook ‘n tyd
van aanpassing is.
In sulke tye van aanpassings is daar
min dinge waarop ons kan staatmaak. Ons het nie ‘n jong soepel liggaam nie: ons
geheue laat ons in die steek: ons sig en gehoor is nie meer skerp nie. Maar ons
kan ‘n inniger verhouding met God opbou.
En die troos is: ons kan op God vertrou. Sy seun, Jesus Christus, is die Een
wat ons nie sal verstoot nie, maar altyd by ons sal bly. Bid elke dag tot Hom
en ervaar Sy heerlike
teenwoordigheid.
GEBED
Here
God, ons bid om u nabyheid in hierdie tyd waarin ons afgetree het. Ons
voel soms alleen en verstote, daarom ons pleitrede: moet ons nooit verlaat nie,
o Heer!
VRAE
1. Wat
kan ons volgens Psalm 71 wel doen as ons oud en grys geword het?
As
ons ons lewe in oënskou neem, waarvan kan ons getuig
No comments:
Post a Comment