Tuesday 8 December 2015

DONALD TRUMP


 

DONALD TRUMP

Die Kandidaat vir die Republikeinse Party se benoeming as hulle Presidensiële kandidaat in die VSA is beslis in die nuus. Geen twyfel nie, want CNN het op 8 Desember ‘n bepreking oor hom gehad. Op die ander TV nuuskanale is hy ‘n nuusitem asook op die e en gedrukte media. Hy het veral tans die nuus gehaal oor sy uitspraak dat geen moslems in die VSA toegelaat moet word nie.

Om ‘n gebalanseerde opinie te vorm, is ietwat ingewikkeld.

Eerstens aan watter kant van die draad staan jy? Die opinies via die media handhaaf die volgende: die VSA se grondwet beginsel van verdraagsaamheid is nie hiermee te rym nie asook is hulle gekant teen die sogenaamde haatspraak.

Aan die anderkant huldig hy ‘n opinie wat ‘n oplossing soek vir ‘n vreedsame VSA samelewing waarin die vrees van terroristiese aanvalle op soos die Twin Towers, asook op enkelinge en die geval in Kalifornië uitgeskakel kan word. Wel dit is op vrees gebaseer.

Die vraag is hoe gaan die veiligheiddienste individuele guerillas uitsnuffel? Sal hulle elke Moslem moet oppas en agtervolg?

Wat weeg die swaarste: ‘n samelewing se rus en orde of ‘n ideologiese Grondwet wat op humanisties individualisme gebou is?  Is verdraagsaamheid gewigter as guerilla aanvalle op ‘n samelewing? Wie gebruik haatspraak as Trump se teenstanders hom as mal afmaak?

Wanneer godsdiens ideologies be-oefen word, is daar probleme. Maak nie saak watter een nie.

Die wêreld het ‘n probleem. Vir diegene wat in vryheid en veiligheid wil lewe, is tye problematies. Ons planeet gaan ‘n nuwe tydvak binne. Meer as Salomo se wysheid is nodig.  

No comments:

Post a Comment