Wednesday 2 December 2015

SENSUELE WIT POLISIEVROU


SENSUELE WIT POLISIEVROU
 
In ‘n stoel in ‘n vertrek
sit sy stil burgerlik geklee
saam en wag op boekevat
is die hare vaal
en die lippe kaal
en die borste ruim gevorm
 
Sonder wasem sonder uniform
jy loop kietsregop
jy is nie geboë sonder die hoë polfy
lank en lenig
maar lomp alleenig
 
Sonder die waarom
Bly dit kalm en gedwee
Met die waarom is die prikkel gegee
 
In biduur rok gespleet
Lokkend lenig welgevormde bene roep
Tasliggaam teen tasliggaam sensories
pikkelend  
 
ten spyt
bly jy
ruim
ovarium.

No comments:

Post a Comment