Monday 28 December 2015

KWEEKSKOOL OF ANGLES FACTORY OP STELLENBOSCH


KWEEKSKOOL OF ANGLES FACTORY OP STELLENBOSCH.

Danksy Maretha se selflose opoffering kon ek my onvergeetlike studie-ervaring by die Teologiese Fakulteit op Stellenbosch voltooi.  Ek sou die hele internet as dit moontlik was vol kon skryf oor haar onvermoeide werkvermoë om my sonder studieskuld deur alles te stuur. Sy was destyds deeltydse dosent by die Opvoedkunde Fakulteit en het sangs begin om  kortverhale, vervolgverhale vir die Sarie te skryf asook Fiksie-verhale. Sonder haar sou niks van die aard my beskore gewees het nie.

Maar terug tot by die begin van Februarie 1974. In die historiese Moedergemeente van die NG Kerk te Stellenbosch het die Kerk ons voornemende Teologiese studente met die Teologiese dag ontvang. Wyle Prof Murray Janson het die diens gelewer waarna vele Predikante van die bekendstes destyds ons gloeiend oor die Kerk, ons roeping en die Teologie toegespreek het.  Een het dit selfs gewaag om die Teologie as die koning van die wetenskappe te beskryf. Gelukkig het wyle Prof Willie Jonker in sy inleiding van die Teologie dit nek omgedraai.  

Nadat ons deur die Kerklike Kommissie goedgekeur is, is ons net oorkant die Straat na die Kwwekskool. Daar het ‘n reeks lesings gewag. Maar wat ‘n bevryding. Daar was 3 dosente van Nederland wat Teologiese onderwerpe met ons behandel het. Vir my het dit geklink asof die hoogeerwaarde heer Loen se Eksistensie-filosofie in die Teologie hanteer het. Nadat hulle gepraat het, het ons spontaan hande geklap. Hulle het op aandag gespring soos Hitler se soldate en hulle hakke gekap. Moontlik het hulle gedink hier is neo-Nazis? Weet nie.

Maar die heerlikheid het gewag. So het ons vir 4 jaar as 57 studente in ons jaar die ryke ervaring gehad. Soos enige wetenskap op Universiteit het die dosente krities-opbouend die Kerk, Teologie en Samelewing benader.  

Weereens sou ek elle lange verslag kon lewer. Nou net Kursories.

Prof Flip van der Wath, Kerkgeskiedenis, die mees sistematiese klasaanbieder wat jy kon kry. As jy instap was die hele lesing op die bord genommer en so duidelik op die man af. Ons het presies geweet waarmee ons besig was. As sy lesing voor die periode verby was, het hy geloop en was dit gestaak.  Jammer ons het hom net een jaar gehad, want hy is na Pretoria se Fakulteit beroep.

Prof Willie Jonker was die sterdosent van ons tyd.  Hy het apologetiek boeiend aangebied. Immanuel Kant se filosofie was so duidelik soos daglig wanneer hy dit gedoseer het. Hy het ook die kerk se SENDINGREGLEMENT krities afgewys weens die rasse gebaseerdheid daarvan. Sy wyse woorde was oa: wel menere, moet net nie om miderwaardige redes keuses uitoefen nie: wel menere, julle vrouens mag julle nie in die bediening aksepteer nie. In sy klas het ek die vrymoedigheid gehad om irriterende vrae te vra, en hy het dit soos gebruiklik met styl hanteer. Na jare daarna kon ons op die Strand se strand loop en heerlik praat.

Prof Nico Smith het ons laat regop sit. In sy eerste lesing het hy gesê: menere as jy Teologie wil begryp mag jy nie vir jou paaltjies keer nie. Jy moet bereid wees om insig-veranderinge te ondergaan. Insigte groei en verander in die Teologie, dit stagneer nie. Hy het die Kerk se standpunt oor afsonderlike rasse kerke bevraagteken. In daardie tyd was apartheid hoog op die Bybelse regverdigingspad. So dit was lesing na lesing ‘n gestoei met die rasse kwessie. Wel ek het dit geniet, want hy het ons opnuut laat dink of rasgebaseerde lidmaatskap vir die Kerk wel Bybels was.  Daarby het hy ons engeltjies aarde toegebring met sy vlymskerp afsny van die piëtisme as  Teologiese benaderingwyse van die Kerk se apostalaat en gestuurdheid van die Sending. Komiese-insident was: Prof vra weet julle wie is E Brunner? Ons passaangekomenes weet nie: ek steek toe een van my maats op om te vra of die brunner familie is van Jill Brummer. Die antwoord was: ons werk hier met Teoloë en nie met Filmsterre nie.

Prof Tobie Hanekom het Kerkgeskiedenis op sy manier aangebied. Hy het dit teen die postivisme gehad. Veral die Franse gesegde: Science Ecacte, hoop dit is reg gespel, is telkemale geopper. Hy het baie lesings aangebied oor die sieketroosters aan die Kaap. Om die tyd te verwyl het ons speermints ge-eet. By een geleentheid het ek die pakkie lomp aan my bankmaat aangebied en die het dit laat val; die lekkers het oor die vloer gerol. Hy het droog opgewerk: menere ek het nie geweet julle speel albaster nie.

Prof Bernard Combrinck was Nuwe Testamentikus par excallance. Hy was byderweds met die ontwikkelinge op die NT Grieks se Taalbenadering. Hy het Nida en Prof Jannie Louw se struktuuranalise oa gevolg. Semantiek was korrek hoog op die studielys.

Prof Jan de Villiers het ons die Brug tussen God en Mens van Prof Johan Heyns laat swot en sy, prof Jan de Villiers, se  kommentaar oor Handelinge.

Wat ‘n fenominale ervaring wat ek vir niks sal verruil nie.

No comments:

Post a Comment