ONS BESOEK TEXEL, JAN VAN RHIEBEECK SE
VETREKPUNT NA SA.
Met ons laaste besoek aan die kinders en
kleinkinders in Ierland, 'n paar jaar gelede, het ons besluit om Texel in Nederland te besoek. Dit is
die eiland nefens Nederland van waar onse Jan vandaan vertrek het. Gelukkig is
die kinders en kleinkinders terug in SA.
Ons vlieg toe met KLM. Hollands verstaan ons en die af en oorklim op
Amsterdam se Schippol was heerlik. Ons geniet die bekende klanke. Die treine
daar is tops. Van Schippol na die Amsterdam se stasie. Daar aangekom stap ons uit
op die straat wat reguit in die winkels uitloop. Ons geliefde oorsaaklikes is ‘n
groep van hulle eie. Sommige wil terugpraat as ons Afrikaans praat ander slaan
oor na Engels, want hulle dink ons probeer Hollands praat en dit klink nie wel
nie. Afrikaans klink soos ‘n mankoliekige dialek wat hulle nie kan hanteer nie.
Hoe dit sy, ons is terug op die stasie. Nou
na den Helder by die kus. Die dubbeldekker trein vaart goed. Ek dink aan HM
Kuitert, Hollandse Teoloog, se Boek: Niemand vaart wel zonder gelooft. Jy het
geloof nodig met sommige Nederlanders. By den Helder op die boot na Texel. Nie lank nie en ons is by die gaste huis.
Alles wel, maar die ontvangsdames kan nie glo dat wittes uit Suid Afrika wat bykans
Nederlands praat hier voor hulle staan nie. Hulle glimlag hoogvaardig. Amper
soos wat ek gevoel het toe ‘n Afrikaanse seun by ons plattelandse skool uit
Kenia daaraan gekom het. Ons het hom as agterlik beskou. Miskien het die
Hollanders ons ook so beskou en ervaar met die snaakse Afrikaans.
Ons sien toe die seekanaal tussen
Nederland en die eiland Texel vanwaar Jan van Rhiebeeck gevaar het. Nouja ‘n
doodgewone seekanaal met duike en ‘n oester kwekeryplaas daar in die middel.
Die dag was die see kalm. Arme Jan Van Rhiebeeck moes daar geduldig wag totdat
die wind die seile gebol het om die ou te laat vaar. Onse Jan was vir baie die
volksplanter, deesdae hoor ons die man is die oorsaak van al SA se probleme. Ek
weet nie hoe voel die wittes oor ons geliefde nie. Sommige verwens hom seker dat hy ooit gekom het, ander is neutraal en vir sommige is die geagte nog die
volksplanter. As Jan in sy graf kon
omdraai sou hy seker?
Maar toe voel ek tog regtens en
onregtens geroep om my hou in te kry. Kyk die Nederlanders is tog die oorsaak dat
ons aan die Suidpunt van Afrika sit en ons diaspora op ander plekke op aarde is.
Ons stap toe saam met ‘n groep Hollanders
op die skone, mooi versorgde en rustige eiland na die vuurtoring as
besienwaardige saak. Met die stap daarheen vermaan my vrou my om tog die
onderwerp te laat, maar hardkoppig laat ek dit nie. Eerstens laat ek hulle
verstaan dat hulle die oorsaak is dat ons met die verswakte taal in Suid Afrika is. Ek het toe pas ‘n goed
gedokumenteerde boek oor die VOC in hulle winkel op die eiland gekoop. Dat die NG
Kerk duidelik in die Boek vermeld word as die Kerk van die VOC. Ja, die NG Kerk
was destyds die naam van die Kerk wat saam met die VOC na die Ooste is. En hier
by ons aan lande gekom het. Hulle is die oorsprong van ons kerk se naam. Maar
tweedens sê ek dat ek dit jammer gevind het dat mnr Joop den Uyl hulle vorige
Premier ons fel gekritiseer het, oor ons asof ons ‘n objek was, gepraat het.
Ons is tog die produk van de gulde eeuw? Hoekom het hulle nie met ons gepraat
nie. ‘n Ouer kon eerder langs ons kom sit het en rustig détente met ons en
almal in SA kom gesels het. Vandag doen ons dit weer in SA. Ons praat oor
mekaar en nie met mekaar nie. Ons sit nie rustig en praat die pyne uit nie. Ons
stryk nie dinge uit nie, maar beduiwel alles.
Kyk die Hollanders wou nog iets opper
toe plant ek so dink ek die uitklophou. Ek herinner hulle aan ons briljante
Hollandsgebore Premier Verwoerd en toe is die spul tjoepstil. En toe het ek my
hou op voetsoolvlak ingekry oor hulle hovaardige houding jeens ons. My vrou is
toe nie gelukkig met my nie.
No comments:
Post a Comment