Sunday 27 December 2015

KYKNET, JAM EN TALENTVOLLE SANGERS!


KYKNET, JAM EN TALENTVOLLE SANGERS!

KykNet is besig om in ‘n volwaardige TV stasie te ontwikkel. Aan die begin was dit voel voel en het dit soos ‘n gemeenskaps TV stasie gelyk. Natuurlik is dit ‘n proses om tot ‘n volwaardige stasie te ontwikkel. Maar die Personeel is proggressief besig om WEL dit te doen. Met die ou wete dat alles afhang van die beskikbare finansiële bronne. Wel gedaan. Daarom is ek bly dat KykNet nou wêreldwyd beskikbaar gestel word. Dus teken in maak nie saak waar jy woon op die planeet nie.

Gisteraand 27 Desember 2015 was dit heerlik om op JAM ingeskakel te wees. Op die program het etlike talentvolle sangers opgetree. Die ouens het gesing dat ons by sommige hoendervleis gekry het. Die getuienisse was tops.  So waardes, Afrikaans en talentvolle mense het gewen. Dit kan nie beter nie.   

No comments:

Post a Comment