Thursday 3 December 2015

IT IS NOT ON TOP, IT IS INSIDE.


IT IS NOT ON TOP, IT IS INSIDE.

Die Franse President, Engelse Premier, Kanselier van Duitsland en die VSA misgis hulle liederlik. Hulle identifiseer die vyand as daar ver. Hulle maak kragdadige uitsprake om hulle landgenote valse gerustyd teen IS te gee. So behou hulle hulle poste, maar die probleme word nie in hulle lande aangespreek nie. Hulle stuur vegvliegtuie om massas bomme los te laat op sogenaamde IS teikens. Gevolge: hulle destabiliseer state waar daar voorheen betreklik rus en vrede was. Meer moslems vlug Europa in. Die eindresultaat is dat hulle besig is met selfsabbotasie; hulle skiet hulleself in die voet met die kragdadige optrede. Die problem bly, want dit is binnelands en nie buitelands soseer nie.

Godsdienste verskil. Moslems is toegewy en rigied in hulle ideologie anders as christene wat alles toelaat en min gepla is oor hulle etiese lewe. Moslems se woordeskat klink bekend maar is semanties anders gevul. Hulle verdraagsaamheid het net met die verbete geloofsgenote te doen en nie met ander denkendes nie. 

Die oorsaak van die IS probleem het met George W Busch begin. Hy het ‘n waansinnige obsessie gehad om Sadam Housein van Irak uit die weg te ruim. So is die Midde-Ooste onstabiel gemaak.

Maar IS is nie daar ver nie: dit is binne Parys: dit is in die hele Europa: dit is oral. Nou gister weer in California:

Radicalized US Muslim clashed with his Jewish co-worker over religion two weeks before he and Pakistani wife killed 14 at office killed 14 at office holiday party using huge arsenal of weapons and pipe bombs

BRON:  DailyMail 03/12/2015

Hoe onderskei jy wie is geradikaliseer en wie nie? Moslem guerrillas is nie on top nie, maar inside.

 

Die probleem is nie daar ver nie, maar hier binne. Dit gaan leierskap verg ver meer as Salomo se wysheid. En op die oomblik is die Weste leierloos. Nie wonder Donald Trump loop voor in voorverkiesing wat Republikeine betref nie.

No comments:

Post a Comment