Monday 31 October 2016

PSALM 1 MEDITASIE.


 

GOD GEE GELUK.

Psa 1:1 ‘Gelukkig” is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie;

Ons geluk, kom van God. Ons ongeluk, kom van ons. Ons was en is ongelukkig, omdat ons gesondig het en nog doen.  Ons verhouding met God was ongesond en ongelukkig weens ons sonde. Maar God het dit verander. Hy het Jesus gestuur. Daar staan in Matt1: 21 “ en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. “ As ons glo en bieg oor ons sonde teenoor Jesus dan vergewe Hy ons: 1Jn 1:9  “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.“ Nou is ons verhouding met God gesond en gelukkig. Ons is nou gelukkig. As ons gelukkig is, volg ons die roete van Psalm 1. Ons assosieër ons met die gelowiges en hulle dade. Dan groei ons geestelik soos die boom wat by waterstrome geplant is en tuis is in Christus se kerk.

Glo jy dit?

No comments:

Post a Comment