Friday 28 October 2016

Waarom het MER, Afrikaanse Skrywer, van Engels na Afrikaans omgeskakel?

ME Rothmann en haar ander mede-studente het op Opvoedkundige vlak gedurende die 19de eeu hoë waardering vir Engels gehad. In die Kaapland van destyds, onder die Britte, was die Onderwysstelsel op die Engelse kultuur gebou. Die Afrikaners se kinders van Kaapland is hieraan blootgestel. MER en ander het in Engels geskryf, want Engels was beter as Afrikaans, so is hulle geleer. Die Britse kultuur van “gentleman” skap is by hulle as dié waardes ingeskerp.

Maar die keerpunt het in 1895-96 gekom met die Jameson-inval. Dit was vir hulle ‘n waardeskok. Die Britte se gentleman beeld is as vals en nutteloos beleef. Hulle het na die Anglo-Boere-oorlog ‘n Afrikaanse pad ingeslaan.

Bron: ‘Ons gaan ‘n taal maak.’ JC Steyn: 2014.

Die Sielkundiges, soos From en Erikson, se persoonlikheidstoerië van identiteit is moontlik hier van toepassing. Hulle beweer dat as ‘n bepaalde groep ‘n ander groep onderdruk met ‘n valse waardestelsel daar ‘n opstand daar teenoor kan kom. En mense wil met ander mense identifiseer. So daar het by MER en andere ‘n psigiese omwenteling plaasgevind, volgens my vertolking. Hulle het die Britse kultuur as vals en nutteloos, na die Jameson inval en Anglo Boere-oorlog, belewe en by hulle groep wat verontreg was, tuis gekom.  

Wat van vandag? Het die Afrikaner nog ‘n identiteit? Ons is deur die meule, glo ons nog aan ons eie kultuur en identiteit?

No comments:

Post a Comment