Monday 10 October 2016

PSALM 148 NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.


PSALM 148 NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.

 

© SA Bybelgenootskap.                                      Nuwe Testamentiese Vertolking.

 

Alle kcreature moet die Here Loof.                       Alles, ja alles loof God.

 

Psa 148:1  Halleluja!                                            Prys die Here Jesus Christus!

Loof die HERE uit die hemele;                            Prys die naam van Jesus hemelwesens

loof Hom in die hoogtes!                                     Prys die naam van Jesus in die kerke!  

Psa 148:2  Loof Hom, al sy engele,                     Prys Jesus Christus, al die engele,

loof Hom, al sy leërskare!                                    Prys Hom, al die menigte engele!

Psa 148:3  Loof Hom, son en maan,                     Prys Hom, helder son en maan,

 loof Hom, alle ligtende sterre!                              Prys Hom, skynende sterre!

Psa 148:4  Loof Hom, hoogste hemele                Prys Hom alles in die hemele

en waters wat bo die hemele is!                            asook waters in die skepping daarbo!

Psa 148:5  Laat hulle die Naam van die HERE loof; Prys die naam van Jesus Christus,

 want Hy het bevel gegee—en hulle is geskape.     want u was van die begin af daar.

Psa 148:6  En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig;  U onderhou alles vir altyd,

Hy het ‘n wet gegee wat geeneen oortree nie.             want U bestuur u skepping wetmatig.

Psa 148:7  Loof die HERE van die aarde af             Prys die Here Jesus hier op aarde

—groot seediere en alle dieptes!                     --- walvisse, dolfyne vanuit die dieptes van die see.

Psa 148:8  Vuur en hael, sneeu en damp,                   Alle groot natuurkragte

 stormwind wat sy woord volbring;                           getuig van Hom wat dit beheer;

Psa 148:9  berge en alle heuwels, vrugtebome          asook die berge en heuwels,

 en alle sederbome,                                                  vrugte en versierbome,

Psa 148:10  wilde diere en alle vee,                         mak en wilde diere,   

kruipende diere en gevleuelde voëls;                     skilpaaie en alle voëls;

Psa 148:11  konings van die aarde en alle volke,   regeerders en alle nasiese en volke,

vorste en alle regters van die aarde;  prinse en prinsesse asook die regters op die regbank;

Psa 148:12  jongelinge en ook jongedogters,    die jeug van alle geslagte en ouderdomme,

oues saam met die jonges—                                  sowel as die oues--

Psa 148:13  laat hulle die Naam van die HERE loof!  Prys die naam van Jesus Christus!

Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde Hy alleen is hoog verhewe

en hemel!                                                                               oor aarde en hemel!

Psa 148:14  En Hy het ‘n horing vir sy volk verhef:        Aan U, Here Jesus, is alle mag in die hemel

 ‘n roem vir al sy gunsgenote; vir die kinders van Israel,  en op aarde deur God gegee, daarom prys u

die volk wat naby Hom is.                                                   Kerk U, Jesus Christus!

Halleluja!                                                                            Prys die Here Jesus Christus!

No comments:

Post a Comment