Die
boek, ‘ONS GAAN DIE TAAL MAAK’ is interresant en insiggewend. Prof Jaap Steyn
skryf oor die geskiedenis van Afrikaans. Hy begin by die Patriottebeweging en
neem die leser op ‘n fassinerende reis tot bykans vandag. Nuwe inligting oor
die Taal word meegedeel. Byv. Pres. MT Steyn het Engels met sy vrou, wat van
Skotse afkoms was, gepraat, maar Afrikaans met sy kinders. Die Struwelinge
rondom die Sestigers word uitgebeeld. Die botsing tussen dr. Verwoerd en NP van
Wyk Louw oor die kunste, word vermeld. Afrikaans is na 1994 nie meer op die
regering se Agenda nie, maar Engels. Die rede waarom die Afrika-regeerders die
koloniale taal, soos oa Engels, gebruik, is om stam en etniese verskille te
verhoed, is nogal insiggewend in die Boek. En daar is nog baie inligting.
Die
Boek skryf oor die stroomversnellings waaraan Afrikaans blootgestel is.
Afrikaans is in Geskiedkunige fases beskryf, maar dit is ‘n proses waardeur dit
gegaan het. Afrikaans is en sal altyd deel wees van die volle kultuur van die
gebruikers van die taal. Die Taal is ras-loos, kleurloos en het verskillende
godsdiensgroeperinge, soos die Christendom en Islam, volgens my.
My
interpretasie: Metafories gesien is die geskiedenis van Afrikaans soos die
Nyl-rivier. Maar die ‘Nyl-rivier’ het twee deltas op hierdie oomblik. Die
ontstaan van die ‘Nyl’ het verskillende spruite: Hollandse, Maleisiese, Khoi,
Griekwa, Duits, Frans en ander groepe. Van 1948 tot 1994 was Afrikaans bykans
een stroom rivier. Dit was die Taal van die NP. Na 1994 vertak Afrikaans
weereens in ‘n Delta met verskillende spruite, soos, Gestandardiseerde Taal van
die Akademie, Kaaps, Khoi, Griekwa en allerande dialekte soos binnelandse
Noordelike en Suidelike fonetiese uitsprake, asook Oorsese Afrikaans in
Argintinië, Engeland, VSA en Australië. Maw nou het dit ‘n fragmentariese
voorkoms. Afrikaans moet altyd binne ‘n historiese konteks geplaas en
be-oordeel word.
Die
Boek, ‘Ons gaan die Taal maak’, is tussen hakkies. Dit sê moontlik, terloops of
soos jy dit wil verstaan. Die Boek is nie, Afrikaans is, nie. Maw daar is geen
Politieke beskerming nie. Die Taal is nou in ons, almal wat Afrikaans in sy breedste
vorm, gebruik se hande. Wat gaan ons nou daarmee doen?
No comments:
Post a Comment