Tuesday 25 October 2016

Is Luther reg as hy beweer dat ‘n gelowige ‘n sondaar en ‘n regverdig is?


Is Luther reg as hy beweer dat ‘n gelowige ‘n sondaar en ‘n regverdig is?

“Die mens word gesien as totaal sondaar en totaal geregverdig tegelyk (simul Justus et peccator)” Bron: WD Jonker, DIE GEES VAN CHRISTUS, p. 148. Lê in hierdie uitspraak van Luther nie ‘n contradictio in terminus nie? As ons in Christus is, en deur Christus regverdig verklaar is, van sonde vrygespreek is, en regverdig gemaak is, bly ons steeds ‘n sondaar? As ons aan hierdie dialektiek vashou, is die kritiek van Rome op die Reformasie naamlik dat ons geloof en goeie dade soos twee pole hanteer word, nie geregverdig nie? Rome beweer dat ons geloof ver van ons profane dade verwyder is. Dat ons maw die goeie dade nie net verwaarloos nie, maar nie nakom nie. Ons beleef ‘n kortsluiting tussen wat ons glo en wat ons doen. Is Ridderbos in sy Boek oor Paulus nie nader aan die waarheid as hy verklaar: as ons in Christus is, moet ons elke dag soos Christus lewe nie? Ons is dus nie sondaars nie, maar geheilig in en deur Christus.

No comments:

Post a Comment