Friday 14 October 2016

Maretha se nuwe boek bekend gestel


Maretha se nuwe boek bekend gestel

Die Bloemfonteinse skrywer Maretha Maartens se nuwe boek, Hanna, word op Woensdag 2 November om 18:00 by 59@plenty by die Leviseur-galery in Dan Pienaarrylaan, Bloemfontein, bekend gestel.

Die bekendstelling deur Lux Verbi is ten bate van Volksblad se Ons gee om-fonds, en die gespreksleier is Brenda Myburgh.

Die boek is ’n Bybelroman oor die kinderlose Hanna.

Is haar kinderloosheid die Here se straf vir iets wat sy gesondig het?

Sal sy kan vrede maak met haarself en met Peninna? Sal sy guns kan vind in die oë van God sodat Hy haar lamp weer aansteek en die donker verdryf?

Kaartjies kos R80 en sluit wyn en verversings in.

 

No comments:

Post a Comment