Monday 24 October 2016

DAAR IS HOOP VIR AFRIKAANS OP UNIVERSITÊRE VLAK.


DAAR IS HOOP VIR AFRIKAANS OP UNIVERSITÊRE VLAK.

Genl. JC Smuts het die volgende wyse woorde gesê: “Let things develop.” Dit werk somtyds: in sy geval is hy gepromoveer tot Veldmaarskalk in die Britse Oorlogkabinet. Hy het sy oomblik van glorie beleef. Ongelukkig het dit nie vir hom in die verkiesing van 1948 gewerk nie. Maar ten spyte hiervan is sy woorde wys. Ons reageer paniekerig as die Staatsuniversiteite Afrikaans as onderrigtaal skrap. Nee wag: onthou wat Genl. Smuts gesê het. Wag dinge ontwikkel. En daar is talle ontwikkelings. Daar kan sekerlik beswaar inkom teen die wysheid as dit kasuïsties toegepas word, maar ek verkies dit binne die onderwerp wel. Die rede: daar is 3 merkers wat daarop konkreet dui dat Afrikaans dit gaan maak op Universitietsvlak. Let wel nie op die Staatsuniversiteite nie, maar in die Privaatsektor.

Eerstens het Solidariteit Akademia as Afrikaanse Universiteit suksesvol geloods. Hulle word oorval met navrae dwarsdeur SA.

Tweedens het PSG, met sy Curro-beleggingsarm, skole in SA suksesvol geloods. Nou brei hulle na Universiteitsvlak uit. Hulle doen dit om sake-redes, maar hulle sal luister as daar wins te maak is uit Afrikaanse Grade.

Derdens is daar die internet. ‘n Afrikaanse Universiteit kan daarop geskep word. Kyknet kan ook in die verband genader word.  

Akkreditasie hoef nie by die SA Regering verkry  te word nie. Ons kan dit by Nederlande of Vlaamse Universiteite verkry.

So Genl Smuts jou woorde is wys.

 

No comments:

Post a Comment