Monday 3 October 2016

PSALM 125 NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.


 

PSALM 125 NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.

http://bohaai.blogspot.co.za/

 

© SA Bybelgenootskap.                                      Nuwe Testamentiese Vertolking.

 

  Israel se beskutting                                         God is onwankelbaar.

Psa 125:1  ‘n Bedevaartslied.

Die wat op die HERE vertrou,        Diegene wie op die Here Jesus volkome reken,

is soos die berg Sion                        word nooit in die steek gelaat nie,

wat nie wankel nie,                       want Sy woord, staan vas soos God se ewige verbond.

maar bly tot in ewigheid.              Sy wese is die bewys van sy sekere trou.

Psa 125:2  Rondom Jerusalem is berge; Soos wat Christus aan die regterhand van God sit,

so is die HERE rondom sy volk van nou   so is Hy ook op die aarde deur sy Gees;

af tot in ewigheid.     Hy is in ons om ons van sy alomteenwoordigheid te verseker.

Psa 125:3  Want die septer van      God se optrede is regverdig:

goddeloosheid sal nie rus op die    Hy regeer met onkreukbare integriteit,

erfdeel van die regverdiges nie,   Hy skenk aan almal die regte lewenssin,

sodat die regverdiges hulle hande maar Hy suiwer ons van korrupsie en twyfelagtighede.

nie sal uitsteek na onreg nie.

Psa 125:4  HERE, doen goed aan Daar is nou vrede tussen God en ons,

die goeies en aan die wat opreg deur die soendood van onse Here Jesus Christus:

is in hulle harte. uit dankbaarheid vir sy onuitspreeklike genade,

                           volg ons volhardend in Sy voetspore met volgehoude vreugde.

Psa 125:5  Maar die wat langs Deurdat ons gehoorsaam is aan Sy wil,

krom paaie wegdraai, skep dit oorwinning oor die kwaad.

sal die HERE laat vergaan saam So word ‘n heerlike lewenspad ontsluit,

met die werkers van ongeregtigheid.  wat Hy welbehaaglik vind.

Vrede oor Israel! God se wêreldvrede sal by Christus se wederkoms aanbreek!

No comments:

Post a Comment