Monday 7 November 2016


Wees jy dan die Leier

http://www.seker.co.za/

Wees jy dan die Leier



 

 

En nou is dit D-dag.

Was daar al tevore iewers in ‘n invloedryke land/staat ‘n Presidentsverkiesing soos wat vandag in die VSA gaan plaasvind?  Twee ongewilde presidensiële kandidate, twee wannabees— ek-wil-dit-wees-persone met baie vraagtekens wat


 oor albei se integriteit hang?   Twee persone wat die Groot Magsposisie wil bekom deur onder andere karaktermoord op mekaar?

 

Nee, kyk, as ons Amerikaners was, het die meeste van ons dalk nie geweet vir wie ons ons kruisie moet gaan trek nie.

 

En hier by ons?  Kan ons as Suid-Afrikaners tans sonder vrees vir teëspraak verklaar dat die gesag van die Allerhoogste, sy wil en sy Wet in nederige onderworpenheid aan die Drie-enige God op die hoogste vlak erken, geëer en gehoorsaam word?  Dat die Woord van God die handboek van die Nasionale-, provinsiale en plaaslike regerings is?

 

Ons weet dat dit nie die geval is nie.  Vir die kinders van die Here wat deur sy wil tot lede van die Nasionale, provinsiale en plaaslike regerings verkies is, is dit ‘n opdraande, dikwels eensame stryd vol skokke, ontnugterings, konfrontasies, verskuilde agendas en skokkende ontdekkings van korrupsie, oneerlikheid,  selfverryking en goed gevestigde kriminele netwerke.

 

En nou sê die meeste van ons: “Liewe aarde... ons begeer iets anders. Ons begeer die terugkeer of hervestiging of daarstelling van ware leierskap.”

 

Dalk moet ons vanoggend vir mekaar vra: wat begeer ons in leiers?  Wat is die eienskappe van ‘n ware leier?  Watter eienskappe is ononderhandelbaar in enige leierskapsposisie — van Saalsuster in ‘n staatshospitaal tot ouer van net een kind, van kerkraadslid tot stadsraadslid, van onderwyser tot finansiële adviseur, van pastoor tot kantoorbestuurder, van rugby-afrigter tot parlementariër?

 

Dalk moet ons weer vanoggend verstaan : elke Christen is ‘n leier vir iemand anders. Elkeen van ons, ook dié wat in liggaamlike swakheid deur iemand versorg moet word, het die gesag om Christus te verteenwoordig, van Hom ontvang.

 

Wees jy dan die leier.

 

Elkeen van ons moet sekerlik alles wees wat ons nie die afgelope tyd in die aanloop tot die Amerikaanse Presidentsverkiesing gesien en gehoor het nie.   

Hier is ‘n aantal stellings oor die soort leierskap waartoe God elkeen van ons roep:

 

1.          “Leadership is not about titles, positions or flowcharts. It is about one life influencing another.” 

2.          When the pastor doesn't grow, the people don't grow. It's the Law of the Lid: a stagnant church leader stunts the growth of the church.

3.          It's true that charisma can make a person stand out for a moment, but character sets a person apart for a lifetime.

4.          Character makes trust possible, and trust is the foundation of leadership.

5.          Character creates consistency, and if your people know what they can expect from you, they will continue to look to you for leadership.

6.          A highly credible leader under-promises and over-delivers.

7.          More than anything else, followers want to believe that their leaders are ethical and honest. 

8.          The better you are at surrounding yourself with people of high potential, the greater your chance for success.

9.          Every relationship in your organization will affect you one way or another.  Those who do not increase you will inevitably decrease you. 

10.         The more seriously you take your growth, the more seriously your people will take you.

11.         Eventually, you must disengage from the relationships you’ve outgrown, or they will limit your growth as a leader.  John C. Maxwell

12.         A true shepherd leads the way. He does not merely point the way.--Leonard Ravenhill

13.         Leadership is made for service.Jack Hyles

14.         The devil doesn’t persecute those who aren’t making a godly difference in the world. Paul Chappell

15.         Leadership is influence.-John C. Maxwell

16.         The very first thing which needs to be said about Christian ministers of all kinds is that they are “under” people as their servants rather than “over” them (as their leaders, let alone their lords). Jesus made this absolutely plain. The chief characteristic of Christian leaders, he insisted, is humility not authority, and gentleness not power.John Stott?

17.         According to Scripture, virtually everything that truly qualifies a person for leadership is directly related to character. It’s not about style, status, personal charisma, clout, or worldly measurements of success. Integrity is the main issue that makes the difference between a good leader and a bad one. John MacArthur.

19.         A leader is one who knows the way, goes the way, and shows the way. John C. Maxwell.

 

Die beginsels van die belangrikste Mentor

Maar die belangrikste Mentor oor leierskap is Jesus Christus, Hy wat ons gered en geroep het om Hom te verteenwoordig. Om leiers te wees.

Gestel ons sou Hom vra om vir ons drie leierskapsbeginsels te gee... wat sou Hy deur sy Gees vir ons in die Skrif uitwys?

 

 

1.          Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis.  Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik. — Matt 5: 14-16.

 

En:

2.          By die nasies is dit so: konings speel oor hulle baas, en dié wat gesag afdwing, laat hulleself weldoeners noem.  Maar by julle moet dit nie so wees nie. Inteendeel, die belangrikste onder julle moet soos die geringste wees, en die een wat die leier is, soos die een wat dien. Wie is die belangrikste: die een wat aan tafel is, of die een wat bedien? Tog hy wat aan tafel is, nie waar nie? Maar Ek is in julle kring soos die een wat dien. — Luk 22:25-27.

 

En:

3.          Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.  Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.  As iemand nie in My bly nie, word hy weggegooi soos 'n loot en hy verdroog. Die mense maak sulke lote bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.  As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. — Joh 15:2-7.

 

Ons is elkeen gered om geroep om iewers ‘n leier in Christus vir iemand te wees.

Is dit hoe jy as leier opereer, funksioneer, dink, kies en optree? Nie nou en dan nie, nie wanneer jy gesien word nie, maar deurgaans?  Is my en jou karakter deurdrenk van die Gees van Christus: nie nou en dan nie, maar uur na uur?

Want iewers beïnvloed elkeen van ons die lewe van iemand anders.

 

 

 

No comments:

Post a Comment