Thursday 3 November 2016

ONDERWYSERS MET INTEGRITEIT WYS.

Gisteraand by die Prysuitdeling van Laerskool Willem Postma in Bloemfontein was die etos sigbaar. Die Onderwysers lewer daar ‘n prysenswaardige diens. Die kinders het vele talente en is baie begenandig begaafd. Maar die Onderwysers se opvoeding het duidelik gewys.

Hulle Wiskunde Onderwysers se Akademiese prestasie was opvallend. Bykans alle kinders wat ‘n Akademiese vermelding gekry het, het Wiskunde as deel van hulle prestasie ingehad. Die godsienstige inslag was merkbaar en hoorbaar. Die uitgaande Hoofseun en Hoofdogter, sowel as die nuwe eweknieë het bykans altyd verwys na hulle afhanklikheid van God om hulle taak wat verrig is en dit wat gedoen moet word, te vervul.

Die Pa’s van die graad 7’s sing ‘n geestelike lied vir hulle kinders toe. Wat ‘n skitterende aand!

Daar hang natuurlik soos die lewe , maar is, ‘n onsekerheid in die lug. Die gebeure in SA en die wêreld kan nie weggewens word nie. Dit het tog ‘n bepaalde invloed op almal. Van ‘n oorbevolkte planeet tot ‘n “revolusionêre” klimaat in SA, gaan hierdie pragtige kinders raak.

Nogtans stap jy by so ‘n geleentheid uit met dankbaarheid vir sulke Onderwysers, Kinders en Ouers.

 

No comments:

Post a Comment