Monday 21 November 2016

Dit is weer Kersfees.


Matteus 1: 18-25

Teks: Matteus 1: 23

Tema: God by ons.

Dit is weer Kersfees.

Die befaamde Prediker Charles H. Spurgeon het gesê:

 “The greatest and most momentous fact which the history of the world records is the fact of Christ’s birth.”  

Hoe gaan jy Kersfees 2016 belewe? Dit hang nou af wie jy is. Ons is hier bymekaar onder een dak. Alhoewel ons onder een dak is, veronderstel dit nie dat ons almal dieselfe oor Kersfees sal voel nie. Ek gaan nie oor al die moontlike belewinisse praat nie. Kom ons kyk net na ‘n paar belewenisse. Moontlik voel jy baie opgewonde, want Jesus Christus het as ons Verlosser gekom. En hoe ouer jy word hoe des te meer besef jy dat net sy Evangelie is wat die meeste saak maak. Net die Evangelie van Christus is die heel belangrikste en die Goeie Nuus is al wat die moeite werd is. Diegene wie die geboorte van Jesus Christus, sy boodskap van genade, sy kruisiging, sy opstanding en Hemelvaart, en in Sy Evangelie glo en as dië waarheid vertrou, verkry die ewige lewe. 

Dit mag wees dat jy nie kan wag om op shop till you drop te kan gaan nie. Dit is gee en ontvangs van spesiale geskenke in die Kersfeestyd okkupeer jou hele gedagte wêreld.

Maar miskien is jy ‘n alleenloper en jy dink by jouself, hierdie Kersfees gaan ek my afsonder vn alles en almal. Ek hou nie van die gedrom van mense en massa mense in inkopiesentrums nie.

Maar luister na die Woord van die Here: Mat 1:23  Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.

Dit beteken dat die geboorte van Jesus Christus, Immanuel, ‘n daad van God was. Die feit dat ‘n maagd swanger sou word in die voor-wetenskaplike eeu was onmoontlik. Maar luister na die word van God in Luk 18:27  “Maar Jesus antwoord: wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.” God het hierdie wonderwerk met die geboorte van Jesus Christus bewerk. Sy boodskapper, ‘n engel, het dit kom bevestig met die woorde: Mat 1:20  “Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; “ Die Bybel sê dat Maria se swangerskap ‘n daad van God was. En die rede vir die Goddelike wonderwerk, die ongehoorde wonderwerk,  was God se bedoeling om verlossing moontlik te maak.

Kom ons kyk na die betekenis van die word verlossing.

Breed gesproke kan ons sê dat verlossing die oorheersende tema van die ganse Bybel is.

Die Ou TESTAMENTIESE Hebreeuse word vir verlossing is yasa. Die woord beteken: om te red, te help in nood, te help in donker tye, om te red, om Vryheid te bewerkstellig van enige binding deur enigiets en enigiemand.

Net God kan verlos, Niemand anders nie Jesaja 43: 14 “So sê die HERE, jou Losser, die Heilige van Israel: Om julle ontwil het Ek na Babel gestuur, en Ek sal hulle almal as vlugtelinge laat afdaal, naamlik die Chaldeërs, in die skepe waarop hulle gejuig het.” Hos 1:7 “ Maar oor die huis van Juda sal Ek My ontferm en hulle verlos deur die HERE hulle God, en Ek sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie.”

Die advent naam Immanuel God met ons vertel van die voortgaande ontwikkeling van die heilsverlossingsplan van God. In Matteus vertel die engel van die Here dat Die maagd swanger sal word deur die Heilige Gees en Mat 1:20 “Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; Mat 1:21  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”

Die naam Jesus is oa afgelei van die Hebreeuse word Joshua wat verlossing beteken. Die doel van die koms van die mens is om te soek en te red wat verlore is. Luk 19:10  Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.”

Die koms van Jesus Christus as die verlosser is die rede vir ons Kersfees vieringe, ons vreugde en ons hoop.

Sommige van ons noem Kersfees die viering van Jesus se geboorte of geboortedag.  Maar o dit is baie meer as dit waaroor ons kan dink.

Die geboorte van Jesus Christus is totaal verskillend van die feesvieringe van ‘n aardse verjaardag. Geen aardse en gewone aardse verjaardag partjie kan ons met Jesus se koms vergelyk nie.

Kersfees is nie herdenking van ‘n menslike gebeurtenis nie. Dit is God wat menss geword het.  In Kersfees word ons gekonfronteer met ‘n Goddelike handeling, met genade, met mistiek, God se liefde en sy oneindige wysheid. Ons word gekonfronteer met die moontlikheid en betekenis van verlossing, die enigeste moontlikheid van verlossing. Joh 3:16:” Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”

Dit beteken dat as ons gewillig is om sy liefde aan te neem ons die ewige lewe deelagtig sal word.

Daar is geen ander weg, geen ander naam, waardeur sondaars gered en verlos kan word nie. Act 4:11 “Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat ‘n hoeksteen geword het. Act 4:12  En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.”

Maw die wie Jesus nie verwerp het nie, en hulle vertroue in Hom gestel het, is Syne. Wie in Jesus Chritus glo is gered en verlos van sonde.  Hulle is regverdig. Hulle is uitverkies. Hulle is Jesus se skape, hulle behoort tot die huisgesin van God.

Diegene wat in en aan die huisgesin van God behoort is in Christus, hulle is in union with Christ,  en die kersfeesseisoen met sy uitspattighede val nie in so ‘n persoon se smaak nie. Vir hulle is kesfees ‘n tyd van aanbidding en om God te loof en te prys.

Ons is op pad na ons heerlike bestemming by God.  Ons is nou in die intermezzo stadium. Die intermezzo stadium is nie minderwaardig en ons uiteindelike bestemming meerderwaardig nie. Ons Tussentydse stadium is van die allerbelangrikste stadium. Die Bybel se in Jas 3:13: ”Wie is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon. Jas 3:14  Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie.”

Laat ons heerlik gewyde musiek maak die kersfees.

Laat ons ander geskenke gee die kersfees. Gee aan jou brs en susters, kinders kleinkinders die vrugte van die Heilige gees. Laat ons onthou wat  Gal 3:26 se: “Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;

 As dit so is dan kyk jy met ander oë na jou brs en susters in die gemeente. Dan kyk ons met sagte oë na hulle.

As geloof die rede vir jou Kerfees vieringe word dan verander alles. Ons verander ook.

Die verskil, die skoonheid en die vreugde van Kersfees is ‘n persoon.

Joh 1:14:” En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid. Joh 1:15  Johannes getuig van Hom en roep en sê: Dit was Hy van wie ek gesê het: Hy wat ná my kom, het voor my geword, want Hy was eerder as ek. Joh 1:16  En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Joh 1:17  Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. Joh 1:18  Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar. “

Ten slotte:

 “You can never truly enjoy Christmas until you can look up into the Father’s face and tell him you have received his Christmas gift.” ~John R. Rice 

No comments:

Post a Comment