Wednesday 16 November 2016

GOD SAL LAAT REG GESKIED.


The loneliest moment in someone’s life is when they are watching their whole world fall apart, and all they can do, is to stare blankly.— F. Scott Fitzgerald, the GREAT GATSBY.

 

I’m trying to keep myself together, to keep myself sane through all of this, but there are moments when I am completely losing my mind. – Anom.

 

 

Life has many ways of testing a person’s will, either by having nothing happen at all or by having everything happen all at once.  –Paul Coelho.

 

 

When you get just a complete sense of blackness or void ahead of you, that somehow the future looks an impossible place to be, and the direction you are going seems to have no purpose, there is this word despair which is a very awful thing to feel. Stephen Fry


 

PSALM 12

 

 

God sal reg laat geskied

 (‘n Gebed om hulp; vertrouenspsalm)

1Vir die koorleier: Met basstem.

’n Dawidspsalm.

 

2Help tog, Here  (Jahwe: EK IS, die Ewige, God van Israel en die verbond),

want opregtes (godvresende mense)

bestaan nie meer nie!

 

[Gen 6:12; Jes 1:9]

    

Die aarde was korrup in die oë van God, vol geweld;

   Hy het die aarde gesien: dit was korrup, elke mens op aarde se lewe was verrot.

 

  As die Here die Almagtige nie 'n klompie van ons laat oorbly het nie, sou ons soos Sodom geword het, ons sou net soos Gomorra gewees het.

 

Onder die mensekinders

is daar geen getroues (niemand met integriteit, regverdiges) oor nie.

 

[Spr 20:6; Jes 59:4-11]

 

Baie gee te kenne dat hulle getrou is, maar wie kan 'n werklik betroubare mens vind?

 

Niemand stel sy saak eerlik nie, geen uitspraak is betroubaar nie. Almal vertrou op leë woorde, wat hulle sê, is nie waar nie, hulle is swanger van kwaad, hulle bring onreg voort.

Hulle broei slangeiers uit, hulle weef spinnerakke. Wie van daardie eiers eet, sterf; as dit oopgebreek word, kom daar slange uit.

 Hulle spinnedrade deug nie vir klere nie, hulle kan hulle nie toemaak met wat hulle gemaak het nie; hulle dade is misdade, hulle pleeg net geweld.

Hulle is daarop uit om kwaad te doen, hulle aarsel nie om onskuldige bloed te vergiet nie. Hulle planne is bose planne: oral waar hulle gaan, is daar verwoesting en ondergang.

Hulle ken nie so iets soos 'n pad van vrede nie, waar hulle loop, is daar geen reg nie; hulle loop krom paaie, wie hulle volg, sal nie vrede ken nie.

Daarom is daar geen sprake van reg en geregtigheid vir ons nie. Ons wag op lig, maar dit bly donker, ons wag op 'n straaltjie lig, maar ons pad bly pikdonker.

Ons tas teen die mure soos blindes, ons tas rond soos mense wat geen oë het nie. Ons struikel helder oordag soos in die skemer, ons is soos dooies onder gesonde mense.

 Ons is almal soos grommende bere, soos duiwe wat kla en kla. Ons wag op reg, maar daar is geen reg nie, op redding, maar dit bly ver van ons af.

 

3Bure lieg vir mekaar.

Hulle praat

met vleiende lippe,

maar met bedrieglike harte (planne om hulle gespreksgenoot in te loop).

 

[Spr 29:5; Jer 9:8]

 

 'n Man wat 'n ander vlei, is besig om hom in 'n strik te laat loop.

Hulle tong is 'n dodelike pyl, dit lieg en bedrieg. Hulle praat met mekaar asof niks verkeerd is nie, maar in hulle binneste beplan hulle mekaar se ondergang.

 

4Die Here

sny hulle vleiende lippe af

en ook hulle

grootpraterige tong (Die Here stuit hulle) .

5Hulle (Die goddelose) sê:

“Ons sal lieg

soveel soos ons wil.

Ons lippe behoort aan ons.

Wie kan ons keer (Voor wie moet ons die knie buig)?”

 

[Job 21:14-15; 2 Tess 2:3-4]

Maar tog is dit hulle wat vir God sê: 'Laat staan ons, ons weier om u wil te ken.

Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? Watter nut het dit om Hom te aanbid?'

 

 

6Die Here (Jahwe: EK IS, die Ewige, die God van Israel en die verbond) antwoord:

“Ek het die geweld

teen hulpeloses gesien,

en Ek het die versugting

van die armes (dié in nood; magtelose, uitsiglose mense) gehoor. [Ps 146:5-8]

Daarom sal Ek hulle beveilig,

die veiligheid bied

waarna hulle smag.”

 

[Spr 22:22-23; Jak 5:4-6]

 

Moenie 'n arm mens te kort doen omdat hy arm is nie; moenie die hulpelose vertrap in die regspraak nie.

Die Here sal hulle saak behartig en dié wat vir hulle beroof, van die lewe beroof.

 

Ja, julle hou die loon agter van die werkers wat julle lande afgeoes het. Dit skreeu ten hemel; die geroep van dié wat geoes het, het tot by die Here die Almagtige gekom.

Hier op aarde lewe julle in weelde en oordaad; julle smul na hartelus, en dit terwyl die slagdag reeds daar is.

Julle veroordeel en vermoor die onskuldige en hy bied geen teenstand nie.

 

7Die Here (Jahwe: EK IS, die Ewige, die God van Israel en die verbond)  se beloftes is suiwer,

(en in teenstelling met mensewoorde) [12:3]

 

Bure lieg vir mekaar.Hulle praat met vleiende lippe,maar met bedrieglike harte (planne om hulle gespreksgenoot in te loop).

 

(In teenstelling hiermee is die HERE se woorde, sy beloftes) soos silwer

in ’n oond gesuiwer,

wat sewe keer (volmaak) gesuiwer is.

 

[Ps 119:89-96,140]

U woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel.

U trou is van geslag tot geslag; U het die aarde gemaak, en dit staan vas.

Ja, wat U bepaal het, staan vandag nog vas, alles is aan U onderworpe.

As ek my nie in u wet verlustig het nie, het ek omgekom in my ellende.

Ek sal u bevele nooit verontagsaam nie, want deur hulle het U my in die lewe gehou.

Ek behoort aan U, red my, want ek vra steeds wat u bevele is.

Al staan die goddeloses gereed om my te vernietig, u verordeninge sal ek in ag bly neem.

 

Ek het ondervind dat alle volmaaktheid perke het, net u gebod het geen begrensing nie.

 

 

 

8U, Here, hou oor ons (u mense) wag.

U sal ons (u mense) vir altyd (geslag ná geslag)

teen sulke mense bewaar,

9selfs al loop die goddeloses

(nou nog) oral rond

om boosheid

onder mense te saai. [1 Pet 1:5; Jud 1:24-25]

 

 En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.

Aan Hom wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle onbevlek en met vreugde sy heerlikheid te laat aanskou,

aan die enigste God, ons Verlosser deur Jesus Christus ons Here, aan Hom behoort die heerlikheid en die majesteit, die krag en die mag, van alle ewigheid af, ook nou en tot in alle ewigheid! Amen.

 

 

Look for yourself, and you will find in the long run only hatred, loneliness, despair, rage, ruin, and decay. But look for Christ, and you will find Him, and with Him everything else thrown in. C. S. Lewis


 

No comments:

Post a Comment