Friday 25 November 2016

KLUB 6:13


 

Toe ek vanoggend my twee oer-vriende, Kobus Kruger en Jacob Schoeman, se name op Facebook sien, dink ek aan die dae saam met Klub 6:13. Dit was in 1970 dat Pietie Victor, die guru van Straatwerk in SA, in die Odeion, Bloemfontein met sy span optree en ons inlig oor die nood van die haweloses destyds. Ons is aangegryp en ons begin Klub 6:13. Gelukkig was dr. Frans Burger, predikant van die Klipkerk, bereid om ons Peetdominee te wees. Hy het met Bybelstudie ons begelei. Een van die Bybelstudies was dat hy 1 Petrus met ons behandel het. Hy het klem gelê oor die christene wat vreemdelinge in die wêreld is en as’t ware in die diaspora, of in die verstrooïng, verkeer. Ons status as gelowiges noop ons om o.a na die haweloses om te sien. Die empatie met hulle nood, vereis van ons as gelowiges dat ons hulle Bybels moet begelei. Die naam van die Klun 6:13 is afgelei van Romeine 6 vers 13 wat lui: En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.”

Ons het ‘n Koffiekroeg in ‘n ou Sinodale gebou in Maitlandstraat betrek en alles ingesit. Die Saakgelastigde van destyds was ons goedgesind en ons het die gebou gratis Vrydae en Saterdae-aande gebruik om Straatwerk te doen. So het ons mense op straat na die Koffiekroeg gebring en hulle in hulle nood met Koffie, voedsel en die Bybel bygestaan. Sommige suksesvol ander weer nie. Sidney Wilkens was ‘n positiewe geval. Daar was heelwat mense wat deur die plek gegaan het. Vir ons klomp, ook heelwat mede-gelowiges, wat saam in die klub was, was dit ‘n reuse ervaring. Daar is van vroegaand tot dou voordag gewerk. Almal van die klublede het dit vir die liefde van die saak gedoen. ‘n Ervaring onvergeetlik.  

No comments:

Post a Comment