Friday 18 November 2016

TUKKIES WORD IN 1932 AFRIKAANS


Op 7 September 1932 het die senaat van die UP besluit om Afrikaans as die primêre taal van die inrigting te maak.  Die stemming was 31 teenoor 9. Die finale besluit ivm  Afrikaans as onderrigtaal is op 13 September 1932 geneem. Daar is afgesien van Engels wat op daardie stadium as onderrigtaal gedoen is. Maar nagenoeg 70% van die studente was Afrikaans. BRON: ‘Ons gaan ‘n taal maak.’ Deur JC Steyn p.242. My afleiding is: Histories is Afrikaans op 8 Mei 1925 as amptelike taal erken. Maar dit was die demografie wat die deurslaggewende rol gespeel het by die UP se erkenning as Afrikaans as onderrigtaal. Nou in 2016 verskyn daar die volgende op webblad van die universityworldnews: At the University of Pretoria, meanwhile, English has been made the primary medium of instruction and assessment. BRON:  http://www.universityworldnews.com/article.php?story=20160706120904383    18 November 2016.

My afleiding is: die demografie het die bostaande besluit bepaal. Daar is meer studente wat Engels as onderrigtaal verlang as Afrikaansprekendes.

Die konklusie is: Ons almal in SA wil inklusief wees, maar ons almal wat vir ons tale en kulture omgee, sal dit eksklusief moet be-oefen.

 

 

No comments:

Post a Comment