Sunday 20 November 2016

SPRINGBOKKE, WAT NOU?


Lanklaas was die nasie so teen die grond wat die Bokke betref. Maar waar lê die probleem? Ons wat nie speel nie is nou baie slim. Beste stuurman staan aan wal. Dog ons het die voorreg om tog te kan spekuleer.

Om die probleem te analiseer, moet ons onderskei tussen strukturele en persoonlike probleme. Weereens wat die strukturele probleme betref is daar die deduktiewe en die induktiewe kant. Die deduktiewe kant handel oor die atmosfeer binne SA. Vir wie speel die Bokke? Vir ‘n land met sy heerlikhede, maar ook ’n land met enorme probleme. Dit is so ‘n mengeldrankie. Die beeld wat SA op die oomblik het, is vir sommige van ons en moontlik die huidige Bokondersteuners korrup. Kan ‘n Bok emosioneel met oorgawe vir so ‘n korrupte land voluit speel? Induktief gesproke is daar die SARU. Is die Raad by die spelers en hoedanig is hulle ondersteuning? Die Afrigter se verhouding met die spelers? Speel ons met ‘n verstokte speelplan?

Die spelers: speel hulle vir die vergoeding? Is heelwat van hulle nie te oud nie? Is hulle fiks? Dink hulle kreatief?

Na my mening het die kwotastelsel ‘n minuskule invloed. ‘n Drastiese oplossing kan drastiese gevolge hê. Enige besluit se gevolge moet eers oorweeg word voordat dit geneem word.

Lê die oplossing moontlik om van voor die begin.

No comments:

Post a Comment