Sunday 20 November 2016

AFRIKANER INTERNASIONAAL.


Na die verkiesing in 1994 het heelwat Afrikaners Suid Afrika verlaat. Sommige van hulle het nie meer hier te land tuis gevoel nie. Ander mag om beroepsredes SA verlaat het. Daar is sekerlik nog vele redes waarom mense SA verlaat het.

Dieselfde gebeurtenis het hom na die Anglo-Boereoorlog afgespeel. Heelwat Afrikaners het die ou Boere Republieke na die oorlog verlaat. Sommige wou nie onder die destydse Engelse bewind hulle lewe sluit nie, en het na Argentinië uitgewyk.

Net soos huidigelik het in albei gevalle Afrikaners na ‘n tyd in die Buiteland weer teruggekeer.

Maar daar is Afrikaners wat besluit het nou bly ons in die Buiteland ons kom nie terug nie.

Met die destydse Afrikaners na Argentinië is daar nie kulturele kontak behou nie, en die gevolg is dat die Afrikaners nou nie meer Afrikaanse wortels of kontak het nie. Die paar oues daar praat ‘n Afrikaans van die begin van die 1900.

Die vraag is: mag ons die huidige Afrikaners wat dwarsoor die wêreld versprei is net so laat sonder kulturele kontak met hulle? Moet ons nie byv ‘n Londense Afrikanerkultuurraad inisieër nie? In elke groot sentra in die wêreld kan so ‘n kultuurraad gestig word as die behoefte daarvoor bestaan. So ‘n Kultuurraad kan eg Boerekos, musiek, leesstof, toere, Taal en familiekontak onderneem. Op ons beurt van SA kan ons direk kontak behou en Internasionale aande op die Planeet organiseer in samewerking met ons gelyke kultuurvennote. Op die manier kan daar interessante handelsondernemings en sake gesmee word. Ons kan selfs ‘n Afrikaanse Internasionale Universiteit met die elektonika kon loods.

Die vraag is: sou Afrikaners oorsee belangstel in kulturele kontak en kulturele osmose?   

No comments:

Post a Comment