Kritiek teen die heilsorde, naamlik: Roeping,
Wedergeboorte, Geloof, Regverdiging, Bekering, Heiliging en Volharding, kom van
twee kante. K. Barth beweer dat daar net een heilsgawe van God is en dat die
heilsgawe nie verskillend in ‘n heilsorde verstaan kan word nie, maar as ‘n
eenheid van ‘n matematiese punt. WD Jonker, DIE GEES VAN CHRISTUS, p.179.
Terwyl die Charismate weer hierop klem lê as gevolg van ‘n verwaarlosing van
die Kerk hiervan. J Heyns, DOGMATIEK, p. 303 Maw die heilsorde moet metodisties
vestaan word. Die probleem is: hoe en watter rol speel die mens in sy heil? Is
heil ‘n self verwerwing of is dit ‘n heilsgawe? Getrou aan die uitgangspunt dat
God die subjek van en vir verlossing is, kies ek K. Barth se standpunt, met die
voorbehoud dat die via salutis deur die Woord kom. Die heil is loodreg van Bo,
deur die Woord, wat ons net in blydskap kan aanvaar. Graag wil ek ook wegstuur
van ‘n skerp onderskeding tussen objektief en subjektief, want dit stuur af op ‘n
“doolhof” om dit reëlmatig te formuleer, aldus H Stoker in een van sy wysgerige
artikels.
No comments:
Post a Comment