Sunday 1 January 2017

Betyds vir Paasfees 2017


Betyds vir Paasfees 2017

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens.

Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bediening, die kruisiging en opstanding van Jesus Christus.  Dit is ontroerend en aangrypend, lê die Skrif in die mond van mense soos ek en jy en konfronteer elkeen wat dit beleef met die rede vir die koms van Jesus Christus na die mensdom.

Die verhoogteks is uiters geskik vir gebruik deur ‘n groot groep van alle ouderdomme wat dit o.a. in die Paastyd  sou wou opvoer. ‘n Groot groep spelers kan die teks met gemak bemeester.

In dié Evangeliese verhoogstuk verkondig ons Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit 'n aanstoot en vir die ander is dit onsin,  maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God.  Wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter wysheid as die wysheid van mense, en wat vir die wêreld die swakheid van God is, is groter krag as die krag van mense.

— 1 Kor 1:23-25.
Die verhoogteks, DIE KRUISKONING, word teen R50.00 beskikbaar gestel.

Kontakpersoon: Hennie Maartens, seker7seker@gmail.com .

Sel:  083 388 00 47  (06:00 – 19:00)

Landlyn: 051 4333 243 (08:00-17:00)

 

As kliënt ontvang u die teks in sowel Word as PDF formaat.

Die kliënt het toestemming om afdrukke van die teks of gedeeltes daarvan te maak vir gebruik deur die betrokke toneelgroep.     

 

No comments:

Post a Comment