Friday 20 January 2017

Donald J Trump.


Donald J Trump is binnekort die President van die “magtigste land” op ons planeet soos sommige Amerikaners dit beskrywe. Almal hou hulle asem op weens sy moontlike irrasionele optrede as President. Dit verg meer as ‘n Toekomskundige om sy Presidentskap raak te voorspel. As die beginsel van analogie toegepas word, sal hy steeds met “tweets” kommunikeer, sal hy kritiek met wederkritiek beantwoord, sal hy hiperbolies kommunikeer, sal hy spog met rykdom en IK’s, sal hy soms sy toesprake uit sy sak haal, maar impulsief praat, en sal hy onvoorspelbaar optree. Maar die analogie kan totaal verkeerd wees. Hy kan ons verras. Wat ons wel kan sê is dat hy die begeerte het om die VSA se ekonomie te laat groei. As ek ‘n aanbeveling kon maak is: mnr. Trump bestudeer jou geskiedenis: lees oor die Monroe-leer en die diplomasie van Henry Kissinger. Met détente gaan jy dalk verder kom as konfrontasie. Ons sien uit na ‘n heerlike opwindende tyd! Risiko’s en al!

No comments:

Post a Comment