In die laat vyftigerjare van die
vorige eeu was Kadette die lot van ons seuns. Nie dat dit sleg was nie,
inteendeel, ons het dit in ons storm en drangjare geniet. Die noodsaaklikheid
hiervan was moontlik die uitvloeisel van die konteks waarin ons geleef het. In
1957 het Pres. Kwame Nkrumah die eerste Swart President van ‘n onafhanklike
Afrikaland geword wat nie juis vriendelik teenoor Suid-Afrika was nie. Pres.
Nasser van Egipte, Mangisto Marijam van Somalië en die Indiese Eerste Minister
Neruh was skerp krities en vyandig. En ons moes gereed gemaak word vir ‘n
moontlike militêre aanval. Dus is ons Kadette ‘n voorbereiding op die Weermag
wat volg.
Nouja, die eerste was: ons bruinklere
moes netjies gestryk wees. Ons kamaste moes spierwit wees. Ek het my Ma smekend
gevra om dit te stysel. En as jy die kamaste aantrek, gee die wit af en moes jy
die kouse skoon maak. Op parade was mnr. Badenhorst, hy het die rang van
Luitenant gehad, maar soos ‘n generaal homself geprojekteer, maar soos ‘n
sant-majoor gebulder. En daar staan ons gedienstig en gedwee, maar onder draai die
duiwel rond. Mnr. Badenhorst het so ‘n marsjeerstokkie onder sy arm vasgenyp en
flink die bateljon ge-inspekteer. Ons staan daar met ons poker-gesigte, want
ons durf nie glimlag nie. Maar ons drie belhammels, Hennie du Plessis, Ernst
Kleynhans en ek, het die ouens in marsjeer-oefening gepooitjie, as die bevel linksom
was het ons met opset regsom gedraai. En as die inspeksie op sy ernstigste was
met luitenant Badenhorst wat ons inspekteer kon Hennie du Plessis ‘n burb maak
wat ons op die rand van die afgrond stuur. Die reaksie was nadelig: ons moes
straf opstote doen. Ons ander mnr. was te dierbaar en stadig in Kadette. Sy
bevele was stadig: hy het gesê: links lank gewag en ons het dan die om voltooi.
Dit is boaring om die storie te lees. Ons as tieners het Kadette gate uit
geniet.
No comments:
Post a Comment