Friday 30 December 2016

2017


My wense vir julle almal is voorspoed en sukses vir 2017. Verder dat julle vriendskappe sal gedy, dat julle woorde medemenslik sal wees, dat jy genot sal put om net te wees waar jy is.

As ek met apologie mag improviseer: wat sou Plato gesê het: mag 2017 ‘n illusie wees, ‘n bekende Afrikaanse Opposisieleier van die vorige bedeling: mag 2017 geen epistomologiese vrae inhou nie, ‘n vorige Staatspresident: mag 2017 ‘n Afrika-jaar wees, ‘n Intellektualis wat nou nie polities korrek is nie: skep jou eie toekoms, en die Eerste Minister met die werkroep: glo in God.. en sy tydgenoot: ‘n holonistiese tyd toegewens.
Shalôm.    

No comments:

Post a Comment