Friday 20 January 2017

DONALD TRUMP EN GENL. JBM HERTZOG.


DONALD TRUMP EN GENL. JBM HERTZOG.

Ses-en-vyftigjaar gelede sit ek op skool, in ons geskiedenisklas. In die klas het mnr. Van der Walt die Premiers van Suid Afrika vanaf 1910 tot 1958 met hulle foto’s en slagspreuke teen die muur vasgeplak. Genl. JBM Hertzog se slagspreuk was: Suid-Afrika eerste. Ons Geskiedenisonderwyser het destyds die breuk tussen Generaals Botha en Hertzog verduidelik deur te verklaar dat Genl. Hertzog Suid Afrika se oor betrokkenheid by Engeland, as oudvyand, ten koste van Suid Afrika se belange nie kon verduur nie. Gevolglik: sny die naelstring met Engeland: Suid-Afrika eerste.

Pres. Donald Trump sê gister: VSA eerste. Die ekonomie is die rede, want die gewone Amerikaners leef ongemaklik. Vir hom is die VSA  ekonomies oorbetrokke by sy bondgenote. Hierdie leiersrol kos dollars. Die bondgenote moet bydra tot onkostes, invoerheffing van 35% en die bekamping van die euwels is sy prioriteit.

Die Poltieke fonologie is ‘n interessante verbinding tussen die twee, maar geen sillogisme kan hiervan afgelei word nie.

No comments:

Post a Comment