Sunday 22 January 2017

BY VOORBAAT DANKBAAR!


 

Iemand het gesê:

Count blessings and discover Who can be counted on.

Maw wees by voorbaat dankbaar. Wees by voorbaat dankbaar teenoor God vir al die seëninge wat jy dag vir dag uit sy hand gaan bly ontvang. Wees dankbaar vir al die seëninge wat jy elke uur ontvang sonder dat jy daarvoor vir God vra. Wees dankbaar vir God vir al die seëninge wat jy sommer as vanselfsprekend aanvaar. Is jy genoeg dankbaar teenoor God? Is jy  meer as dankbaar:  is jy ook vol blydskap daarvoor?

Is jy bewus dat dit God is wat alles VOORDAT jy daarvoor vra in Jesus Christus vir jou verniet skenk?

Kom ons luister na die Bybel. Gedagtig aan wat ons pas in Lukas 17 gelees het omtrent Jesus Christus wat tien melaatses genees het, weet ons dat ons hier met God te doen het. Die Bybel sê dat Jesus God is, in Johannes 10: 30 staan daar: “Ek en die Vader is een.” Dus is dit  Jesus Christus wat met Goddelike krag, die krag van God die Vader die 10 melaatses genees het.  Dit is net God wat hulle oombliklik kan genees, want geen aardse geneesheer is daartoe in staat nie. Die Bybel sê in Mat 19:26 “Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.” Maw Lukas 17 getuig van Jesus wat tot alles in staat is, want Hy is God die almagtige. Dit bevestig en is presies wat aan die heel begin in Genesis gebeur het. God het net ‘n woord gespreek en dinge het gebeur. God het in Genesis 1: 3 gesê:”  En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.” En nou hier in Lukas 17 vers 14 spreek Jesus ‘n woord en die tien melaatses word genees: “ En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword.” Dit is Goddelike almag wat die tien melaatses genees het.

Lukas 17 getuig van hierdie almag en genesende krag van God. Hoe vergeet ons nie van God se almag nie! 

Ons wil sien, dan sal ons glo.

Ons wil syfers sien, dan sal ons veilig voel.

Ons wil seker wees, dan sal ons seker wees.

Tog bely ons dat ons glo in Jesus Christus wat tot alles in staat is.En in die praktyk kan dit so moeilik wees. Die Bybel sê in Heb 11:1: “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. “ Kom ons dink weer diep na oor wat ons pas in die Bybel gelees het. Oor hoe dit ons raak.

Dit is nog steeds dieselfde God wat die tien melaatses met ‘n enkele woord genees het in WIE ons glo. En dit is dieselfde God wat met ons praat deur sy Woord, die Bybel. En dit is dieselfde God wat vir ons sê in 1 Petrus 3:12:” Die Here sorg vir die opregtes en luister na hulle hulpgeroep.

Maw voordat ons iets van die Here God vra, sorg Hy lankal reeds vir ons. God gee doodeenvoudig alles wat ons daagliks nodig het. God gee voordat ons vra ons geestelike sowel as ons daagliks Brood. God gee dit sonder dat ons vra.

Selfs Job kyk terug en skielik is hy so verbaas oor wat hy agter hom sien. Hy besef skielik dat hy eintlik nie gevra het vir wat hy ontvang het nie: Job 10:12 “Die lewe, ja, guns het U aan my bewys, en u sorg het my gees bewaak.”

Job getuig dat God ook toe hy NIE spesifiek daarvoor gevra het nie, guns en genade aan hom bewys asook sy gees bewaak het teen onverstandige denke en optrede.

Maar God gee veel meer. Luister na Psa 104:10:Hy wat die fonteine uitstuur in die holtes: tussen die berge loop hulle deur. “ God sorg ook in die natuur: Dit is God wat die fonteine laat uitborrel met water. God sorg selfs dat daar vulkaniese uitbarstings plaasvind. Psalm 104 vers 32 sê: “Hy raak die berge aan, en hulle rook.” God se sorg is dus veelomvattend; Hy is heeltyd aan die werk in sy skepping.  Ons woon hier, en God wat alles gemaak het, bestuur en beheer, versorg en benat die aarde selfs voordat ons Hom vra.

Die vraag is: sien ons God se hand in alles en sien ons dit raak?

·       Glo ons alle goeie dinge kom uit die Vader hand voordat ons vra? 

·       Glo ons veral ook dat alle dinge wat met ons gebeur, ten goede meewerk vir hulle wat God liefhet? 

·       Glo ons dat ALLES in ons lewe — moeilike tye, bang tye, siekte, swaarkry, teleurstellings, droogte, lang tye in die hospitaal — deur God in iets goeds omskep sal word? 

·       Glo ons dat ervarings wat vir ons bitter sleg is, heilige ervarings kan word? 

·       Glo ons dat ons eendag met lig in ons oë sal getuig van wat God vir ons gedoen het toe ons geen tree voor ons kon sien nie, toe alles pikdonker was?

Om terug te keer tot die tien melaatses. Nadat Jesus Christus hulle genees het, het net een teruggedraai om vir Jesus te kom dank. Die Bybel sê in:” Luk 17:15  En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met ‘n groot stem verheerlik. Luk 17:16  En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom gedank. En hy was ‘n Samaritaan.” Hier kry ons ‘n nie-gelowige, ‘n Samaritaan, en hy stel ‘n voorbeeld vir die Nuwe Testamentiese kerkmense om vir God te verheerlik vir sy genesing en om vir Jesus Christus te kom eer en dank.

Hy kom erken dat hy niks vir homself kon doen nie, Jesus het hom raakgesien en vir hom gegee wat hy die nodigste gehad het.

Hy kom dank God dat hy vir Jesus saak gemaak het.  Dat Jesus hóm raakgesien en Hom oor hom ontferm het.

Hy kom verklaar: U is my Geneesheer, my Hulp, die Een wat nooit by mense in nood verbykyk nie.

En die ander nege?  Hulle dink nie na oor Wie Jesus is nie.

Hulle wil die reinigingsermonies agter die rug kry en aangaan met ‘n lewe sonder innige ontmoetings en dankbare gesprekke met Jesus Christus.

Ons is meer bevoorreg as die een melaatse, die Samaritaan, wat Jesus Christus genees het.

Niemand kan vir ons elke uur van die dag gee wat God vir ons gee nie.

O, as ons maar net in ons leeftyd ,sou begin kies dankbaar te leef!  Dit beteken dat ons kies om God in die doodgewone oomblikke van doodgewone dae vir ons gee dankbaar te wees. Dadelik behoort ons die Gewer dan in ons harte en gedagtes daarvoor te dank.  Al wat dit vra, is net om te leer dink:  Hierdie kom van die HERE af. Dankie, Here!

So leer ons die Here eer en dank vir dinge soos:

·             die veld soos dit nou lyk.  Die veld was droog en siek, en God het dit aangeraak en gesond gemaak.

·             insigte wat ons in siekte en teëspoed bekom;

·             vergifnis en vrede ná ‘n huweliksrusie;

·             druiwe van ons eie prieel, tamatieplantjies wat sommer uit hulle pitjies begin groei

·             die stukkie wysheid om ‘n verhouding wat nie goed vir ons is nie, betyds te verbreek;

·             die heerlike smaak van turksvye;

·             werks- en studiegeleenthede;

·             dat elkeen van ons kinders kan praat en hoor, skool toe kan gaan en die werk verstaan;

·             toebroodjies, aarbeie, spinasie, nagereg, groentesop.

Ons word deur die Woord aangespoor om God se sorg in alles te sien voordat ons hom daartoe vra. Die Bybel sê in: “Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God 'n offer van lof bring, dié lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat sy Naam bely, lui Heb 13:15.

Daar is baie Christene wat dit jare lank nie eens oorweeg het nie. Hulle het jare lank net dinge van God gevra.  Dalk was jy ook so gewees.  Dalk is jy nou nog so.

Wat pla regtig?

Dalk die volgende: dat ons bewussyn van al God dowwer raak, so asof sy heerlikheid van my wyk?   

Weet jy wat?  Ons Christene moet bewustelik ontvangers voor God leer word,  mense wat  keer op keer in FLITSGEDAGTES, BEWUSTELIK, vir Hom dankie sê.”

Dit is die beste, mees opwindende leefstylverandering ooit. Spoedig ná die oorskakeling na gretige ontvanklikheid vir wat die Here in ‘n spesifieke oomblik op jou uitgiet, voel jy soos die mees geseënde mens in die wêreld. Hoeveel het jy vir ‘n lug vol reënwolke betaal? Watter rekening kry jy vir die die krag van die Woord;  jou plekkie by vriende se etenstafel, jou vingers wat kan beweeg, die geloofsversterkende woorde van die Psalms?”

Die Bybel wys op ons dwase smagting na die aardse rykdom want Prediker 5 vers 15 sê: “Ook dit is ‘n bitter swaar ding: presies soos hy gekom het gaan hy. Die Good News vertaal die gedeelte in Ecc 5:15: “We leave this world just as we entered it---with nothing.”

‘n Paradyslewe is daar nie op aarde nie. Om jou daarop toe te spits loop uit op niks volgens die Bybel.

Maar gaan fokus op God se alledaagse sorg en wees bewus wat Hy selfs sonder dat ons dit vra, verniet, in oorvloed en aanhoudend vir ons gee.

Hoe meer ons Hom dank en sy sorg in alles raaksien, hoe meer glo ons dat Hy ook more vir ons sal sorg.

Hoe meer ons Hom dank en sy sorg in alles raaksien, hoe meer lig versprei ons in hierdie donker wêreld.

Hoe meer ons Hom dank en sy sorg in alles raaksien, hoe meer praat en getuig ons van Hom.

Hoe meer ons Hom dank en sy sorg in alles raaksien, hoe meer, hoe meer ontvang Hy die offers van lof wat Hom toekom.

Hoe meer ons Hom dank en sy sorg in alles raaksien, hoe minder beangs is ons.

Hoe meer ons Hom dank en sy sorg in alles raaksien, hoe kragtiger word ons getuienis en voorbeeld aan ons kinders en kleinkinders: daar is hoop, daar is ‘n toekoms vir jou, my kind. Want:  GOD IS DAAR.  En hierdie God is getrou aan sy Woord:

“I will never [under any circumstances] desert you [nor give you up nor leave you without support, nor will I in any degree leave you helpless], nor will I forsake or let you down or relax My hold on you [assuredly not]!” 6 So we take comfort and are encouraged and confidently say,

“The Lord is my Helper [in time of need], I will not be afraid. What will man do to me?”  -Heb 13:5

ENGELSE OPSOMMIMG: What we have read in Luke 17, was about Jesus Christ who healed ten men suffering from a dreaded skin disease. He healed them, because he is God. The Bible says in John 10 verse 30: The Father and I are one."   Jesus Christ is the Almighty God who spoke a word and the ten men where healed. This corresponds with God’s word in Genesis. The Bible says in Genesis 1 verse 3: “And God said, Let there be light: and there was light.” The same happened in Luke 17. Jesus spoke a word and the ten men were healed. The Bible affirms it that Jesus has spoken and the ten men were healed according Luk 17:14: “Jesus saw them and said to them, "Go and let the priests examine you." On the way they were made clean.” But only one of the healed was thankful. But we are in a better position as the one that was healed. Because before we ask God, God will provide our daily spiritual and real bread. In Gen_22:8  Abraham answered, "God himself will provide one." That means although Abraham did not know how God would provide in his circumstances, he believed that God would provide.

Although we do not know how God will provide for us we can be sure He will. The question is: do you see his provision before you ask him? Do you trust Him that He will give you what you need before you ask Him? Do you see the beauty of the sky, do you smell the lovely fragrance of the flowers, do you taste the delicious flavour of ordinary food? All of this God provides before you ask him.

 

·       The more you thank and praise God for what He provides every single hour of every ordinary day, the more you will believe that He will give you all you need.

·       The more you thank and praise God for what He provides every single hour of every ordinary day, the easier you will tell others about Him.

·       The more you thank and praise God for what He provides every single hour of every ordinary day, the more you will leave fear and anxiety behind.

·       The more you thank and praise God for what He provides every single hour of every ordinary day, the brighter your light — the light of Christ— will shine.

·       This is what it means to walk with God.

No comments:

Post a Comment