Sunday 15 January 2017

NABAL DIE KORRELKOP.


‘n Bekende Suid Afrikaanse Golfspeler se emosionele balans het hom in die steek gelaat, hy het sy vrou eers as gyselaar aangehou, dit het nie gewerk nie en toe pleeg hy selfdood. Iemand op Netwerk 24 het hom as ‘n mens met gefolterde emosies beskryf.  Ons en die gemeenskap van SA is diep geskok oor die tragiese gebeure.

Maar wat doen jy as jou emosionele balans jou in die steek laat? Of as jy glad nie met die optrede van iemand na aan jou saamstem nie, veral wanneer daardie een se optrede lynreg teenoor die voorskrifte van die Skrif staan?  Jy moet tog aan God meer gehoorsaam wees aan mense.  Wat maak jy as juis dit die dilemma is: iemand na aan jou dreig en lawaai byvoorbeeld oor iets wat God se mense regtig nodig het en van julle vra?

NABAL EN ABIGAJIL.

Kom ons luister na wat sê die Bybel daaroor. Ons het in 1 Samuel 25 gelees van Nabal en Abigajil. Hierdie verhaal vertel van twee Ou Testamentiese gelowiges wat in ‘n groot emosionele krisis was. Ons moet na hulle kyk as twee gelowiges wat in ‘n moeilike huweliksverhouding was. 

Nabal en Abigajil het nie in ‘n kokon in afsondering geleef nie: wat in hulle persoonlike lewe aangegaan het, het ander mense geraak.  Wat in hulle persoonlike lewe aangegaan het, het elkeen van hulle afsonderlik in hulle verhouding met mense buite hulle eie huweliksruimte geraak.  Basies gaan dit in die verhaal om twee Ou Testamentiese gelowiges in interaksie met mekaar en met hulle medemens. Dit maak nie saak of ons getroud is of nie, dit raak ons wel, want dit gaan om verhoudingoptrede teenoor ander mense. Ongeag of dit jou man, vrou, kinders, kleinkinders of ander mense is, is die vraag is jou emosionele balans intakt en jou optrede in en buite die huwelik verantwoordelik en voor die Here reg is. 

Die Bybel vertel van Abigajil as ‘n merkwaardige vrou. Ons lees in 1 Samuel 25 dat die Bybel haar as ‘n vrou wat intelligent en mooi was, beskrywe. Ongelukkig was sy met ‘n korrelkop en ‘n onbeskofde man getroud. Vers 3 sê: “maar die man was ‘n regte korrelkop en onbeskof.” Om met so iemand soos Nabal saam te leef en getroud te bly, vra geduld en bykans die onmoontlike, naamlik ‘n ystere uithouvermoë. Die verklaerende Woordeboek sê dat ‘n korrelkop ‘n rusiemakerige, opvlieënde persoon en skoorsoekend is. Daarby was Nabal ongemanierd, ru en grof dws onbeskof. Abigajil behoort ‘n trofee vir uithouvermoë te ontvang.

Die vraag is, moes Abigajil dit toegelaat het dat Nabal so ongemanierd teenoor haar opgetree het? Kom ons praat oor die twee se storie. In hulle huis was Nabal nie aangenaam nie. As Abigajil iets gesê het waarmee hy nie saamgestem het nie, het hy sekerlik ontplof en ongemanierd met haar gepraat, die moontlikheid bestaan dat hy haar uitgeskel het. In vers 14 staan daar dat hy wat Nabal was, “maar hy het teen hulle uitgevaar.” Voorwaar ‘n onaangename man en eggenoot; en ‘n ongemaklike huwelik. Hy het nie na rede geluister nie. Ons sou kon  sê dat as jy ‘n saak met Nabal wou bespreek moes jy hom reg benader en baie versigtig eers kyk of hy in die regte stemming is om mee iets te bespreek. 1 Samuel 25 vers 17 sê: “en hy is so ‘n verkeerde man dat ‘n mens nie met hom daaroor kon praat nie.” Maw hy het nie maklik gekommunikeer nie en het meestal nie respek vir ander se sienswyses gehad nie. Daarby het hy almal wat iets van hom vra, oor dieselfde kam geskeer. Wysheid om elke saak na meriete te oorweeg, het by hom ontbreek.  En hy was nie van plan om na dié wysheid te soek nie.

Weer eens: moes Abigajil met hom getroud gebly het? Kon sy nie van hom skei nie? Die Joodse wet het dit nie toegelaat nie, maar sy kon ten minste met hom oor sy swak maniere teenoor haar gepraat het. En sy het nie.

Dit was sekerlik nie die eerste keer dat Nabal se humeur en gebrek aan wysheid en selfinsig Abigajil in ‘n emosionele krisis laat beland het nie. Maar hierdie keer was dit ‘n verskriklike krisis. Hoe verduidelik sy as vrou (wat nie binne die OT Joodse kultuur met onbekende mans kon gaan gesprek voer nie) aan ‘n man wat met optrede teen haar man dreig, waarom dit juis sy is wat met kos en pleidooie by hom aankom?

Abigajil het eintlik nie ‘n keuse gehad nie. Vroeër, by ander geleenthede, het sy Nabal seker op baie maniere prober beskerm. Maar nou moes sy met die waarheid uitkom, want haar man se lewe en alles wat hulle besit het, was op die spel. Dawid was woedend en sy manne gevaarlik.

Sy het toe maar aan Dawid vertel dat Nabal dwaas is, want sy naam Nabal beteken:dwaas. Sy sê in 1 Samuel 25:25: “Sy naam beteken dwaas, en dwaas is hy.” Die woordeboek sê dat ‘n dwaas ‘n persoon is wat onverstandig, gek en dom praat en optree. Die Bybel sê in SPREUKE 18:7  “Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe ‘n strik vir sy lewe.” Die vraag is, was dit reg van Abigajil om agter haar man se rug met Dawid oor hom te praat?

Dié keer het sy geen ander opsie gehad nie.

Ek dink nie sy wou dit doen nie, maar dit was al genade.

Alles wat in die donker gebeur, het aan die lig gekom, soos wat Jesus Christus ons almal waarsku.

God het dit beskik dat die sameswering van stilte, met Nabal as die party wat voordeel uit Abigail se onderdanige stilte getrek het, verbreek word.

Abigail moes skadebeheer probeer toepas.  Sy was bang.  Dalk het sy en Nabal kinders gehad; Nabal se optrede het almal se lewe in gevaar gestel. So ‘n aggressiewe man sou self die wapens opneem as Dawid se manne sy grond weer sou betree.  Die situasie was ‘n kruitvat, die lont was reeds aan die brand.

 Het sy Abigail soms voor daardie dag gewaag om met Nabal oor sy gedrag te probeer praat? Ons weet nie. 

Maar elke mens met ‘n hart kan die afleiding maak dat Abigajil baie, baie swaar onder Nabal gekry het, dat sy seker dikwels vir die Here vir uitkoms gevra het.  Dat die vreeslike geheim van slegte behandeling waarskynlik soos ‘n etterende sweer in haar binneste was.

Onreg is ‘n gruwel voor die Here.

God sê vir die mens: Miga 6:8:   Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

Uit Nabal se optrede jeens Dawid se manne, en Abigail se opsomming van sy persoonlikheid en gedrag, kan ons geen ander afleiding maak as dit sy as sy vrou ook onder onregverdige, aggressiewe woorde en dade van haar man se kant deurgeloop het nie.  En baie ander mense ook. 

Nabal het die opdrag om reg te laat geskied, om liefde en trou te bewys, om bedagsaam voor God te lewe, by hom laat verbygaan.

Ons het van die draaipunt in die verhaal gelees en dit begin bespreek. Nabal en trouens niemand kan net voortdurend dwaas optree nie. ‘n Mens kan nie altyd net so aangaan en aangaan en aangaan nie. In Afrikaans het ons ‘n idiom wat sê dat elke hond kry sy dag. En interressant genoeg was Nabal ‘n Kalebiet. Hy was van die stam van Kaleb en die naam Kaleb het oa hond beteken.

Nabal se dag van afrekening het vir hom aangebreek met Dawid wat tien jongmanne na hom gestuur het. Die manne het proviant by hom vir Dawid kom vra. Daar was ‘n goeie rede waarom hulle by Nabal kom vra het. Dawid se manskappe het Nabal se herders en sy vee beskerm te Karmel teen die rontrekkende Bedioen Arabiere wat hulle kon aanval en die vee kon buit. Met hierdie beskerming kon Nabal voortgaan om suksesvol te boer. En ook sy skape te skeer. 1 Samuel 25 vers 2 sê: “Hy was besig om sy skape in Karmel te skeer.”

Gesien in die lig dat Dawid se manne hom gehelp het om sy boerdery voort te sit, is dit net redelik om te aanvaar dat Nabal Dawid en sy manne  met voedsel sou ondersteun. Maar nee, hy is opvlieënd. Hy vra dwars: wie is Dawid? Nabal is dwaas en hy vra nie eers uit wie hulle is nie.  Hy oorweeg nie eens al die feite nie, maar dink onmiddellik aan die opoffering wat hy moet maak. Hy snou hulle toe en sê dat daar “deesdae” baie bedelaars is wat van hulle base wegloop, en vir hulle eie sak kollekteer. En hy gaan nie voedsel van sy werkers wegvat en vir hulle gee nie.

Maw Nabal is selfsugtig, want hy het net vir homself gelewe en versoeke wat inbreuk op sy tyd gemaak het, was te veel vir hom. Hy dink nie eens aan die moontlikheid dat die manne wat die versoek om proviant aan hom kom rig het hom gehelp het nie. Hy het nie van mense gehou nie, maar hy kon nie sonder ander  regkom nie. Nabal se emosionele balans het hom nogeens in die steek gelaat.

Toe Dawid van hierdie dwaasheid verneem, het hy besluit om op te tree. Hy was onderweg met ‘n strafkommando teen Nabal toe Abigajil moes ingryp. Wat doen Abigajil met so ‘n wederhelf? Sy bly getrou aan hom ten spyte van alles en beskerm sy lewe. Toe sy van Dawid se moontlike optrede verneem het sy heelwat proviant reggekry om dit vir Dawid te gaan gee. Toe sy Dawid ontmoet het sy verskoning gevra vir haar man se dwase optrede en die geskenke van voedsel vir Dawid gegee. Dawid het dit aanvaar met die woorde in 1Sa 25:32  Toe sê Dawid vir Abígail: Geseënd is die HERE, die God van Israel, wat jou vandag my tegemoet gestuur het! 1 Sa 25:33  “Mag jy geseën word vanweë jou insig omdat jy my vandag verhinder het om bloed te vergiet en die reg in my eie hand te neem.” Die Here God het Abigajil gelei om met insig op te tree. Abigajil was wys en verstandig om bloedvergieting af te weer. Sy het met haar dade en gesprek die hele situasie van moontlike bloedvergieting ontlont.

Maar wat doen Nabal? Nabal het ook as hy feesgevier het baie gedrink. In 1 Samuel 25 vers 36: “Nabal was opgeruimd en baie dronk.” Nabal se emosionele balans het hom in die steek gelaat, want hy het te veel gedrink.  Tydens die feesvieringe het Abigajil nie met Nabal oor haar vredesending gepraat toe hy so in ‘n beskonke toestand was nie. Dit help nie om met dronkmense te praat nie. Hulle is nie by hulle sinne nie en geen redelike en rassionele gesprek maak op diesulkes enige indruk nie. Daarom het Abigajil gewag tot die volgende oggend. Toe Nabal hiervan verneem, was hy woedend  kwaad. Weereens verloor Nabal sy emosionele balans. Hy het sy bloeddruk so opgejaag asg van sy woede en opvlieënheid dat hy ‘n broerteaanval gekry het en was heeltemal lam. Ons kan verder aanneem dat hy daagliks gewroeg het na sy eerste beroerte aanval oor die feit dat Abigajil agter sy rug vir Dawid goedere gaan gee het. Die ontsteltenis het hom 10 dae na sy aanvanklike beroerte weer ‘n aanval laat kry en is hy dood. Wat ‘n tragiese verhaal.

EN ONS

Maar die vraag is: wat moet ons doen om nie ons emosionele balans te verloor nie?

The Bible is God’s chart for you to steer by, to keep you from the bottom of the sea, and to show you where the harbor is, and how to reach it without running on rocks or bars. ~ Henry Ward Beecher
Maar onthou wat Jesus Christus gesê het in Mat 11:28  “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.” Dit beteken dat Jesus Christus jou uitnooi om na hom te gaan om balans in jou emosies te kry. Jesus Christus wil jou rustigheid gee.

Maar hoe moet jy prakties hanteer?

Die Bybel sê in: Fillip 2:5  Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.” Jesus Christus is by uitstek die beste voorbeeld om na te kyk en na te volg wanneer jy op die punt is om jou emosionele balans te verloor.

Verder sê die Bybel in Spreuke 5:1: “My seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig.” Maw raadpleeg die Skrif. Niemand wat dit doen, sal sommer voortgaan om onverstandig op te tree nie, want die Heilige Gees lei en gee aan ons insig en wysheid ons deur die Woord.

Verder sê die Bybel in 1Th 5:17  “Bid sonder ophou.” Maw bid voortdurend en vra die Here God wysheid om verstandig op te tree om te alle tye emosionele balans te behou.  Wanneer jy ‘n krisis in jou gemoed voel dreig, bid onmiddellik daaroor.

God sal jou help.  Hy sal jou deur jou angskrisis of ontsteltenis lei.  Hy sal jou help om in wysheid op te tree, en nie te sondig nie.

SUMMARY: One of South Africa’s famous golfers faced according to newspaper reports emotional problems. He has kept his wife as a hostage, but couldn’t succeed, and then he took his life. What a tragic event. But the question is how do you handle your emotions? We have read in 1 Samuel 25 about Nabal and his wife Abigajil. Nabal was according the Bible a mean and a bad-tempered man. Abigajil was intelligent and a very attractive woman. When David sent ten of his young men to ask Nabal food for his men, because his men were constantly protecting his shepherds against Bedouin tribes, he reacted in an extremely aggressive way. He send them away. David was on his way to retaliate against him, but Abigajil intervened. She decided to give food to David and his men. David then decided to stop his action against Nabal. When Nabal heard about this he was so angry that he suffered a stroke and was completely paralyzed. After ten days he died. But how must we handle our predicament situations? Jesus invites you in Matt Mat 11:28  "Come to me, all of you who are tired from carrying heavy loads, and I will give you rest. “ Look at Jesus Christ he is the right example to follow in difficult emotional situations. The Bible says in Joh 16:13  Howbeit when he, the Spirit of truth, is come, he will guide you into all truth.

No comments:

Post a Comment