Saturday 3 December 2016

DIE VERHOUDING TUSSEN DIE STAAT EN LANDBOU.

Die verhouding tussen die Staat en Landbou bly bykans altyd dieselfde. Interessant is die gemelde verhouding in die jare 1663 aan die Kaap. Die landbouers het in 1663 ‘n versoekskrif na die Politieke Raad gerig. Hulle het gekla dat die akkerbou nie winsgewend is nie, en gevolglik vra hulle die Kommandeur om die graanpryse te verhoog. Vandag word graanpryse deur vraag en aanbod bepaal, maar destyds het die Politieke Raad dit vasgestel. Dus was daar ‘n ongemak tussen die Staat en die Landbou. Vandag lĂȘ die ongemak op ‘n ander vlak, maar tog is dit steeds daar. Destyds was die Politieke Raad die Landbou simpatiek gesind sowel as die Kommandeur. Die Kommandeur het die prys van graan ‘n bietjie verhoog. “Maar dit het nog nie veel gehelp nie, want produksiekoste in verband met graanbou aan die Kaap was baie hoog.” PJ van der Merwe: Die Trekboer in die geskiedenis van die Kaapkolonie: p.5  Maw die ongemak het gebly. Die verhouding tussen die Staat en die Landbou bly tot vandag ongemaklik. Die vraag is hoe hanteer beide Partye die ongemaklike irritasie en frustrasie? Wysheid is nodig om die verhouding in harmonie te hou sonder dat beide partye wenners en nie verloorders is nie. Radikale stappe van beide kante kan negatiewe gevolge veroorsaak.

No comments:

Post a Comment