Moontlik Jans Rautenbach se beste film
ooit. Hy verfilm die verhaal van Abraham op ‘n deskriptiewe wyse. Hierdie film
is nie een dimensioneel nie, maar het ‘n veelvuldige sub-tekste. Aangrypend is
die hartverskeurende landelike armoede. Abraham en sy gesin wat vasgevang is in
‘n bedenklike sosio-ekomiese sub-kultuur, laat vrae in die kyker se gemoed. Kan
mense onder sulke omstandighede menswaardig bestaan? Kan mense uit drankverslawing
ontsnap? Kan gesinne met absoluut niks bestaan nie? Kan mense hulle honger met
water stil? Rautenbach laat die lig skerp val op sosio-ekonomiese
omstandighede. Hy is ‘n sosiale etikus, soos sy vorige films oa die Kandidaat
daarvan een is, via die filmbedryf. Maar dan verskuif hy die film se boodskap van
die partikuliere na die universele. Moontlik wat hom ook persoonlik geraak het,
die verganklikheid. Hoe verstaan, verklaar en bemeester jy die onvernietigbare
verganklikheid? Abraham het kleibeelde van diere gemaak. Van die beelde is oa ‘n
Sprinkbok en ‘n Luiperd. Die kleidiere sal met die verloop van die tyd
disintegreer, maar die natuur se voedselkringloop nie. En hierin lê die
sleutel: die natuur se kringlope of sirkels is onvernietigbaar. Abraham het met
sy handewerke die universele vasgevang en ook hierin lê sy onverganklikheid. Net so
is oorlede Jans Rautenbach se verganklikheid getransendeer deur sy handewerk
in en aan die Fimbedryf. Maw ons almal se handewerk wat die universele vertolk het deel aan die onverganklikheid, is een van die
gevolgtrekkings uit die fliek.
No comments:
Post a Comment