Friday 2 December 2016

PSALM 30: NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.


1933 Afrikaanse Bybelvertaling.

© SA Bybelgenootskap.                                      Nuwe Testamentiese Vertolking.

 

Die toorn van God duur ‘n oomblik,           Here Jesus, U goedheid is van ewigheid

Sy goedheid is ewig.                                        tot ewigheid.

 
Psa 30:1  ‘n Psalm, ‘n lied by die

inwyding van die Huis. Van Dawid.

 Psa 30:2 Ek sal U verhoog, HERE,          Here Jesus, ek loof en dank

want U het my opgetrek en my vyande    U vir wysheid om my vyande

oor my nie laat bly wees nie.                         te vergewe.

Psa 30:3 HERE, my God, ek het U aangeroep om hulp, Here Jesus U het

 en U het my gesond gemaak.      my geleer om te bid dat U wil geskied.

Psa 30:4 HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; Here Jesus ek bely saam

U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal. met U woord: wie in U glo

Psa 30:5 Psalmsing tot eer van die HERE,          het die ewige lewe.

o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedenknaam;  Prys U ewige naam.

Psa 30:6 want ‘n oomblik is daar in sy toorn,  U vergewe die wie hulle

‘n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween,  sondes bely,

maar smôrens is daar gejuig.                             daarom juig ek van dankbaarheid.

Psa 30:7 Ek het wel in my sorgeloosheid gesê:  In my waan verklaar ek my

Ek sal vir ewig nie wankel nie.                             grootheidwaan, vergewe my.

Psa 30:8 HERE, U het my berg deur u welbehae sterk laat staan. U trou staan

U het u aangesig verberg—ek het verskrik geword!  vas van ewigheid af.

Psa 30:9 Ek het U aangeroep, HERE,     Ek bely wat in u Woord staan:

en ek het die HERE gesmeek:                   vra en vir julle sal gegee word.

Psa 30:10 Watter voordeel is daar in my bloed  Here Jesus U het

 as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof?   opgestaan uit die graf,

 Sal dit u trou verkondig?            daarom is ons wie in u glo, onsterflik.

Psa 30:11 Hoor, HERE, en wees my genadig!  U het gesê: u sal ons nooit begewe

HERE, wees my ‘n helper!  Of verlaat nie, want u is gister en tot vandag dieselfde.

Psa 30:12 U het my weeklag vir my verander in ‘n koordans,  U het my gekla

U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord; omgekeer in

Psa  30:13 sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. ‘n loflied,omdat

HERE, my God, vir ewig sal ek U loof.     U goed is van ewigheid tot ewigheid.

 

No comments:

Post a Comment