Monday 12 December 2016

IS JY GELUKKIG?


Luk 2:10  En die engel sê vir hulle: Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,

Sofokles het gesê: om ongelukkig te wees, is jou eie skuld, en dit bring ‘n groot verdriet.

Maar is jy Gelukkig? Is jy in hierdie Kersfeestyd Gelukkig?

Wat sê die Bybel?

In Lukas 2:10 en 11 staan daar: Luk 2:10 “ En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, Luk 2:11 ‘dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.”

Die Goeie Tyding is: Jesus het gekom, om jou SALIGMAKER, jou GELUKKIGMAKENDE GOD te wees. Maw in Kerfees wil God jou gelukkig maak, want jou Saligmaker is gebore.

Leonardo da Vinci het gesê: o God u gee alles, as ons net ‘n bietjie moeite wil doen.

Doen ‘n bietjie moeite en ontdek weer: dat die goeie tyding, God se geluk, die Saligmaker, die Gelukmakkende God vir jy jou geluk gestuur is wat jy weer by God in Jesus Christus sal  en kan vind.

Die Bybel bevestig telkens hoe God alles gee om jou gelukkig  by God kan vind. En hoe God alles vir ons doen. In 2 Pe 1:11 “ Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.”

Jesus Chistus is die Saligmaker, die gelukmakende God vir elkeen wat in HOM GLO. Hy maak ons gelukkig want Hy verkies jou en my uit om tot sy ewige koninkryk behoort. Hy kies jou persoonlik uit OM JOU IN TE SLUIT IN SY Koninkryk.

Hierdie geluk is nie net vir die skaapwagters bedoel nie, maar vir jou en die ganse wêreld. Hoor wat sê die Bybel: Hoor dus wat kondig God se boodskappers, sy dienende geeste, sy Engele aan in  Luk 2:14 “Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!” (KJV)  Glory to God in the highest, and on earth peace, good will toward men.

 Soos die Enegele, God se dienende geeste volgens Hebreers Heb 1:13-14: Van watter engel het Hy ooit gesê: "Sit aan my regterhand, totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het"?  Is hulle (d.w.s. die ENGELE) dan nie almal geeste in diens van God, wat Hy uitstuur om dié te dien wat die saligheid gaan beërf nie? Duidelik kom sê dat God jou wel gelukkig wil maak en sien gedurende Kersfees. Jy is ingesluit en nie uitgesluit in God se geluk plan vir jou nie.

God gee: die Saligmaker, GELUKKIGMAKENDE GOD, sy onvernietigbare goedgesindheid teenoor alle mense. God wil mense gelukkig maak. God wil jou hierdie Kersfees gelukkig maak. Jy is vir Hom so kosbaar dat Hy daardie Kersnag sy menigte boodskappers uit die hemel gestuur het om die tyding dat Hy Jesus vir jou gestuur het, aan JOU spesifiek oor te dra.  Dit was ook die boodskap vir jou gesin, vir elke mens op aarde, nie net vir die herders nie.

Sy ewige Koninkryk is ook vir jou bedoel. Sy ewige geluk is vir jou bedoel.

Hier is nog geestelike redes waaarom jy baie gelukkig kan wees: Het jy al ooit daaraan gedink dat Kersfees oor die koms van Iemand gaan wat Homself sou kom gee, sodat jy grond in God se Koninkryk sou kon kry?  Sodat jy ‘n huis in die hemel sal hê?   Sodat jy vir ewig en ewig ‘n plekkie naby God self sou hê?  Het jy al ooit daaraan gedink dat Kersfees oor God se plan gaan om jou in en deur Jesus burgerskap van die Koninkryk van God op die aarde en in die hemel te gee? Jy hoor dit dat jy grond kan kry in ‘n huis by God kry en dit behoort jou gelukkig te maak.

Jy vra:  Hoe is dit moontlik?  Kersfees gaan oor Jesus wat sy gehoorsaamheid, sy bloed en wonde, sy alles kom gee, sodat ek ‘n plek naby God kan kry, Sodat ek burgerskap van die Hemel kan kry. 

Christus Jesus het deur sy Offerdood die vyandskap tussen God en mens kom verwyder. Daar is nou geen veroordeling meer s^e Romeine 5 nie. God doen alles vir jou om jou gelukkig te maak.

Maar wat moet EK dan doen of gee?

Die Bybel sê in Hand 16:31”: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.”

Dit is wat jy moet doen.

Dit is wat jy moet gee.

Jy moet AL jou sonde, AL jou twyfel, alles wat jy is, vir Jesus gee. Jy moet Hom alleen aanvaar as jou Saligmaker: jou enigste Hoop, jou enigste Verlosser, jou enigste Koning, jou enigste Redder, jou Enigste God. Jou Saligmaker, jou gelukkigmakende God.

Die geloofsfeit dat jy in Kersfeestyd opnuut verseker word dat jy deel van God se ewige Koninkryk gemaak is, behoort jou baie opgewonde te maak net soos vir die skaapwagters.

Toe die Skaapwagters gelukkig was wat het hulle gedoen?

Wat was die skaapwagters se reaksie op die gelukkigste oomblik van hulle lewe?

In Lukas 2: 15 en 16 staan daar: “En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het. Luk 2:16  En hulle gaan toe haastig daarheen  en kry Maria en Josef en die kindjie wat in die krip lê.”  Die skaapwagters het alles gelos en na Josef, Maria en Jesus gegaan. Hulle het God geloof en geprys, omdat hulle hulle Saligmaker gesien het.

Maar onthou die volgende is ook geldig.

·       As mens nie in die wil van God is nie, is jy nie gelukkig nie.

·       As jy geen hoop het nie, is jy nie gelukkig nie.

·       As jy geen vrede met God of jou medemens ken nie, is jy nie gelukkig nie.

·       As niemand met sy sonde ophou of vergifnis ontvang en vergifnis gee nie, kan niemand gelukkig wees nie.

·       As niemand die greatness in you ken nie, as niemand jou gebrokenheid kan heelmaak en jou weer God se pragtige weerkaatser kan maak nie, kan jy nie salig gelukkig wees nie.

Verstaan JY dit nou? Verstaan jy nou wat geluk is.

Wat sal ons hierdie Kersfees gelukkig maak?

Om die Saligmaker, die Gelukmakende God te ken en in hom te glo.

Wat sal ons hierdie Kersfees gelukkig maak?

Hierdie Kersfees behoort ons met goeie vriende deur te bring. Vriende wat ons Saligmaker ken. Vriende wat nie uitspattig is en aan drank en dwelms veslaaf is nie. Vriende wat God deur Jesus Christus liefhet.

Wat sal ons hierdie Kersfees gelukkig maak?

Hierdie Kersfees behoort ons aan die eensames te dink en hulle by te staan en hulle met sorgsaamheid te omring. Die Bybel sê in Mat 25:40  “En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen. “

Wat sal ons hierdie Kersfees gelukkig maak?

 Hierdie Kersfees behoort ons aan ander blymoedig te vertel dat ons Saligmaker ons uitverkies het om deel te mag hê aan sy ewige Koninkryk. Dat geen mot of roes die ewige Koninkryk kan besmet nie.

Wat sal ons hierdie Kersfees gelukkig maak?

Hierdie Kersfees behoort ons te bid dat God sal ingryp en bendeleiers wat ons teister te verander.

Thomas Fuller het gesê: Gebed moet die sleutel wees bedags en die slot snags.

Wat sal ons hierdie Kersfees gelukkig maak?

Hierdie Kersfees behoort ons vir diegene wat ons niks van hou nie te bid, deur aan hulle ‘n Bybelteks van God se liefde vir hulle te gaan gee.

Wat sal ons hierdie Kersfees gelukkig maak?

Hierdie Kersfees behoort ons na lieflike geestelike musiek te luister.

FW Faber het gesê die musiek van die Evangelie lei ons huis toe.

Wat sal ons hierdie Kersfees gelukkig maak?

Hierdie Kersfees behoort ons aan die grootheid van God te dink.

Om IN CHRISTUS te wees, beteken: Jesus Christus is ons alles. 

Jesus maak ons gelukkig.

TWYFEL JY?

En onthou: Geen mag of krag of stof op aarde, geen tydelike ding of verganklikheid kan ons op aarde gevangenis hou nie. Christus die Saligmaker, die Gelukmakende God, het ons van die tydelike kom verlos en ons wat in Hom glo, in sy ewige koninkryk ingegesluit. Dit behoort ons gelukkig te maak nl dat ons in sy ewige koninkryk ingesluit is.

Dan hoef jy nooit weer te twyfel nie.  Jy gaan die Koninkryk van God binne deur in Jesus Christus te glo.  Dit is God wat deur sy Gees in jou werk om dit te doen. Dit behoort jou gelukkig te maak.

As jy glo, kan Niemand jou uit die God se hand ruk nie. Hoor wat sê die Bybel in Joh 10:29  “My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.” Maw God is groter as almal en Niemand kan ‘n kind van Hom uit sy hand ruk nie. As jy kind van God is, is jy Syne vir altyd, en jy hoef nie daaroor te twyfel nie. Dit behoort jou baie gelukkig te maak, want Niemand kan jou uit God se hand ruk nie.

Laastens: Luk 11:28  En Hy sê: Ja, maar gelukkig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.

No comments:

Post a Comment