Om
die frase, God se beelddraer, reg Bybels te formuleer, bly problematies. In ons
formulering stuit ons teen die grens van panteïsme en delusie. Beslis is daar nie ‘n kontinueëring tussen
God en sy beelddraer nie. Daar is ‘n grens. ‘n Ontiese grens, dus, want die
beelddraer is ‘n eksistensiële wese. Die beelddraer ontvang die boodskap van sy
beeldraerskap via die Bybel. Ons is reseptiewe beelddraers aldus die Skrif,
want God het ons na sy beeld geskape. Die grens tussen God en ons bly. Ons kan
verklaar dat ons ‘n beeld is wat afgelei is van die Beeld, God. Ons is beslis nie
identies met God nie, maar ‘n afskaduwing van sy woorde in die Bybel. Ons is
nie ‘n standbeeld nie, want dit is on-onties. Ons is God se woord-beeld. Ons lyk
beslis nie soos God nie, maar sy Woorde is kleinwoorde in ons mond. Dus kan ons
sê ons is God se kleinwoorde, en dus beeldraes van Hom. Maar die kleinwoorde
beteken selfstandige, unieke, volwaardige en gelykmatige woorde binne menslike
kring.
No comments:
Post a Comment