In die interessante boek oor dr DF
Malan skryf Lindie Koorts op bladsy 34 dat Malan hom met erns aan sy
voorbereiding vir die bediening in die Kerk gewy het. Dog was hy en ander
studente baie bekommerd, omdat hulle teoreties goed voorbereid was, maar nie
vir die gemeentelike praktyk opgelei is nie. Hierdie is ‘n historiese probleem.
In ons dae, dekades na Malan, se opleiding het ons dit in die praktyk ervaar.
Teoreties goed opgelei, maar prakties onvoorbereid. Ek wil die aanname maak dat
dit haas met elke beroep so is. ‘n Realistiese kyk is dat na vele jare dit duidelik
word dat teorie en praktyk nie dieselfde is nie. Dit is ‘n feit soos ‘n koei.
Niemand kan enige predikant of ander beroepsgenoot volledig vir die praktyk
gereed maak nie. Die rede is, omdat daar baie faktore soos persoonlikhede, die
gemeentelede en die konteks, veranderlikes is. Ja, vir beter voorbereiding, maar
as jy ‘n dokter in ‘n hospital is en daar is nie die nodige toerusting nie dan
het jy ‘n praktiese probleem wat geen Teorie jou kan leer wat om te doen nie.
In ‘n bepaalde konteks moet elkeen prakties leer. Dus is ‘n emosionele
opleiding meer van toepassing om frustrasie asook kreatiewe denke in die
werkplek in opgelei te word.
No comments:
Post a Comment