In die laat vyftigerjare van die
vorige eeu was Bybelkunde ‘n skoolvak tot en met standerd 8 (nou graad 10). Dit
het op ons Kwartaalikse Rapport met punte en al verskyn. Ons onderwyser was
mnr. Plos du Plessis. As ek reg onthou was sy klaskamer aan die suidekantse
vleuel van die skool geleë. As jy inkom in die klas was die kaart van Palestina
op die swartbord geteken. Aan die Linkerkant was die kuslyn van die Middelandse
see en in die middel het die drie binnelande seë, namelik Tiberius, Galiliea en
die Dooiesee verskyn met die Jordaanrivier die verbindingslyn tussen die drie
seë. Hy het sy vakgebied geken en later ‘n Boek met die naam Palestina, die
Beloofde Land, gepubliseer. Hy was ‘n Onderwyser wat gelykmatige voorgekom het,
dog was ons versigtig om nie uit te haak nie. Hy het ‘n skoolplak gereed gehad
om ons te dissiplineer indien nodig.
Ons het in dubbelbanke gesit. Maw twee
leerlinge in een skoolbank. Langs my het Jan de Goede gesit. Onderlangs het ons
opmerkings gemaak. Ons twee was nou nie die soetste leerlinge wat jy kon kry
nie. Op ‘n dag moes ons ‘n toets skryf. Dit was ‘n lang antwoord toets. Jan sê
toe vir my hy gaan woordeliks by my afskryf, want hy het nie geleer nie. So
gemaak so gedoen. Die uitslaë kom: ek kry 7 uit 10, maar Jan kry net 6 uit
tien. Sonder aarseling gryp hy my toets en hardloop na mnr. Du Plessis. Hy maak
beswaar dat die Onnie hom beoordeel op sy naam, want wys hy die toetse en sê dat
hy komma vir komma net soos ek geantwoord het, maar hy kry een punt minder. Mnr
du Plessis was verleë en het gebloos. Met elke toets daarna het Jan gesê dat
die Onnie hom die punt skuld.
No comments:
Post a Comment