Wednesday 22 February 2017

PETRUSBURG SEKONDÊRESKOOL: AFRIKAANS IN STANDERD 7 NOU GRAAD 9. Dit was in 1958.


Die Onderwysers in ons skooljare was toegewyde skoolmeesters. Hulle het met ywer ons onderrig. Van elkeen het ek net die grootste lof. Elkeen het ‘n vormende invloed op op my gehad. Dog het elke Onderwyser sy eie persoonlikheid en dit was bepalend hoe hy of sy klas gee.

Een van die Onderwysers was mnr. Myburgh. Hy leef nog en is by die 100. Hy en sy vrou, mev Myburgh, was dierbare vriende van ons ouers. Hulle was toeganklik en dood gewone mense. Ons gesinne het heerlik gekuier en ons kinders het dit geniet om met hulle kinders te kuier. Ons het hulle kinders se vryheid beny weens die dinge wat hulle kon doen en ons nie.

Mnr Myburgh se onderrigopdrag was Duits. Ek het nie Duits geneem nie. Maar in 1958 moes hy aan ons Afrikaans gee. Mnr was tydsaam, maar deeglik in sy werk. Hy het sake stadig afgehandel. Sy grammatika inligting is lank en tydsaam oorgedra. Hy het ook ‘n Voorgeskrewe werk: Die gesél van Namaland deur WA deKlerk behandel. Hy het sin vir sin ontleet. Die tydsduur was lank. Ons het die hele jaar net 25 bladsye van die Boek behandel. Die Herero-opstand en die onderdrukking van Witbooi deur die Duitsers, toe Duits Wes Afrika, sal ‘n mens nie vergeet nie. Die aanpak van onderrig was dodelik as jy ‘n klomp ongedurige skoliere soos ons gehad het. Ons het aan mekaar gestamp, onderling grappe vertel en onvanpaste geluide gemaak. Daar was drie van ons maats wat elke periode met opset laat in die klas ingebars het as mnr al besig was met klasgee. Hulle was Stoffel van der Walt, Piet Slabbert en Dirk Loots. As hulle in die klas inkom slaan hulle die deur hard toe. Gooi hulle tasse daar agter in die klas waar hulle sit en die onderrig word erg gestrem, maar hulle doen dit bykans elke periode. Mnr Myburgh was baie geduldig. Hy het dit lank verduur. Tot op ‘n dag dat hy hom so vererg het, dat hy bykans sy nek ontwrig en geskree het: al sit hier ‘n verdomde myburgh dan moet julle om verskoning vra vir julle alewige laat kom.

No comments:

Post a Comment