Wednesday 27 April 2016

AFRIKAANS: DIE HUIDIGE DEBAT.


AFRIKAANS: DIE HUIDIGE DEBAT.

Die huidige debatvoering oor Afrikaans as onderrigtaal by Universiteit van Stellenbosch of Universiteit van die Vrystaat is vir my ongemaklik, uitsigloos en stompsinnig. Die groot geeste wat hieraan deelneem, is kleingeestig. Hulle is soms geniepsig, venynig en persoonlik. Die een probeer slimmer as die ander een wees met slim geskakeerde taal en sogenaamde logika. Die debat is soos ‘n hond wat sy eie stert prober vang. Dit lei na niks: das ist ubel, en soos Shakespeare se Much ado about nothing.

Ons vra nou leiers wat rigting kan gee. Ons vra wysheid wat alle faktore binne die nuwe Suid Afrika in agneem.

 

No comments:

Post a Comment