Wednesday 4 May 2016

‘n EIE AFRIKANSE FILOSOFIE?


‘n EIE AFRIKANSE FILOSOFIE?

Die lees van Pieter Duvenage se boek, Afrikaanse Filosofie,  is interessant. Daar is geen sprake van ‘n eie Afrikaanse filosofie nie. Dit is slegs dosente wat Filosofie in Afrikaans op Univeriteit aangebied het. Bykans almal verwys na die meesters in die Westerse Filosofiese wêreld, maar hulle kon slegs kantaantekening maak. Die aantekening is nie ingrypend nie, maar ‘n poging om dit in Afrikaans te verduidelik. Sommige vertellings van die here is histeries oor die nihilisme en metafisika. Dis afgrond wat wag, bykans ‘n Tolkien vertolking, van die mitologie waarmee hy gewerk het. Ander weer gematig en gemaklik, ander weer hoogs polities, en ander weer hoogs ongemaklik.

Na die lees van die Boek, wat ‘n prentjie gee van ‘n luukse oefening, by die Afrikaanse Universiteite is die stelling van Sokrates: ‘ek weet dat ek nie weet nie’(bladsy 88) die doodskoot van filosofie.

Die ou Afrikaanse Dosente is nie meer daar. Die meeste van die huidiges is op pensioen. Slegs op ‘n eie Afrikaanse Universiteit weg van die Staat kan die luukse oorleef met die voorwaarde dat dit betekenisvol vir ons sal wees.  

No comments:

Post a Comment