Thursday 7 April 2016

EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.


EEN MINUUT VIR JESUS CHRISTUS.

Jesus Christus het gesê:

Mat 5:25  Wees gou goedgesind teenoor jou teëparty so lank as jy nog saam met hom op die pad is, sodat die teëparty jou nie miskien oorgee aan die regter en die regter jou oorgee aan die geregsdienaar en jy in die gevangenis gewerp word nie.

Mat 5:26  Voorwaar Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy die laaste oortjie betaal het nie.

Die lewe is nou maar een maal so dat daar altyd verskil van opinie sal wees. Daar is verkillende soorte van geskille en verskille. Sommige weeg lig en ander weer is moeilik. Afhangende van die gewigtigheid daarvan sal ons dit as gelowiges moet hanteer. Wanneer dit by geskille kom, is daar gewoonlik 2 of meer partye betrokke. Gewigte sake soos huiskoop, grondgeskille, handelsaankope ens is daar regskwessies ter sprake wat volgens die wet opgelos moet word. Dan kan die reg nie vermy word nie. Maar ten spyte hiervan mag ons as gelowiges nie vergeet dat ons dieselfde gesindheid as Jesus Christus in hierdie kwessies moet openbaar. In alles moet dit eerbeer en regverdig wees. In ander sake soos emosionele verskille is goedgesindheid en onselfsugtigheid die antwoord. Dan is die self gekruisig en opgeoffer. Dan is dit Bybels.

No comments:

Post a Comment