Monday 18 April 2016

PSALM 141: NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.


PSALM 141:  NUWE TESTAMENTIES VERTOLK.

© SA Bybelgenootskap.                                      Nuwe Testamentiese Vertolking.

Gebed om bewaar te bly van verleiding               God en my mond.

en vervolging.

 Psa 141:1  ‘n Psalm van Dawid.

HERE, ek roep U aan; kom tog gou na my toe; Afgode het geen mond, hulle is buiksprekers van hulle makers, maar U, o God,

luister na my stem as ek U aanroep. Vader van onse Here Jesus Christus, U is ‘n sprekende God, daarom is U uniek en ‘n enige wese.

Psa 141:2  Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, U as Skeppergod

die opheffing van my hande soos die aandoffer. het ons, as beeldraers, gemaak, om met U te praat: die oorsprong van ons kommunikasie, kom net van U,

want sou ons U aan die woord stel, en U moet ons napraat,

dan is ons besig met afgodery.

Psa 141:3  HERE, stel ‘n wag voor my mond, Jesus Here, U het gesê: “wat uit die mond uitgaan,

bewaar die deur van my lippe. maak ‘n mens onrein, maar nie dit wat deur die mond

ingeneem word nie.” Nou bid ons vir die filtrering van ons gedagtes,

sodat rein en suiwer woorde deur ons gebesig sal word.

Psa 141:4  Neig my hart nie tot iets wat sleg is, Magtige God, ons bid dat U, die volle beheer

om in goddeloosheid dinge te doen saam met manne van ons beheersenrum in ons gemoed, sal oorneem,

wat ongeregtigheid werk nie; maar dat ons medeverantwoordelikheid sal aanvaar

en laat my van hulle lekkernye nie eet nie. vir dit wat ons dink, doen en beplan:

ons bid dat ons ons vingers ferm op ons eie gedagtekontoles sal hou,

sodat God deur ons met sagtheid en styl sal praat.

Psa 141:5  Laat die regverdige my met liefde slaan en my tugtig As ons die erns van ons woorde besef

—hoofsalf sal my hoof nie weier nie; dan staan ons verleë voor U, o God,

want nog is my gebed teen hulle booshede. want ons het so dikwels, ons naaste se menswaardigheid gekrenk, deur ons onvanpaste taal. Ons bely ons woordesondes

wat deur ons mond gepleeg is. Dit is nie ons enigste sondes nie,

maar ons bepaal ons by die mondelinge sondes, sonder om die ander kwaad wat ons doen, te ontken. Ons wil eerder alle sondes teenoor U en ons naaste bely,

om so op die wyse tot versoening te kom.

Psa 141:6  As hulle regters aan die kant van die rots afgegooi word, As mense emosioneel en andersins mishandel word,

dan sal hulle hoor dat my woorde lieflik is. dan moet ons optree, deur te sê:

“Staak dit onmiddellik, dit is teen God en sy gebod.”  Ons moet alle slagoffers wat onmenslik behandel word, woordeliks en daadwerklik, bystaan.

Psa 141:7  Soos ‘n mens in die aarde vore en skeure trek, Soos die een geslag kom, en die ander gaan,

is ons beendere gestrooi by die mond van die doderyk. so mag ons nie vergeet dat die lewe kosbaar is nie: die lewe is nie een stuk duisternis nie,

maar ‘n unieke geleentheid om woorde van skoonheid

en bemoediging aan almal op hulle lewensweg oor te dra.

Psa 141:8  Want op U is my oë, HERE Here; Net op U, Here Jesus, kan ek staatmaak,

by U skuil ek: giet my siel nie uit nie! want ek tree heel dikwels impulsief op,

sonder nadenke oor dit wat ek wil sê: die gevolge daarvan is dus, ‘n gevoel van misnoeë oor my swak gedrag, asook die oneer wat ek U aandoen, deur my laakbare woorde wat ek

vir my naaste gesê het.

Psa 141:9  Bewaar my vir die mag van die vangnet Beskerm my teen myself, Here Jesus,

van die wat vir my strikke stel, bewaar my van onverantwoordelike optrede,

 en vir die strikke van die werkers van ongeregtigheid. want dit kan woorde van vernietiging bevat.

Psa 141:10  Laat die goddelose in hulle vangkuile val, Laat ek woorde van goeie smaak besig,

 almal saam, terwyl ék verbygaan! sodat my mond in U diens sal staan.

 

No comments:

Post a Comment