Monday 26 October 2015

RESENSIE: DAGMAAN: NG KERK, FAUNA. 25 OKTOBER 2015


RESENSIE: DAGMAAN: NG KERK, FAUNA. 25 OKTOBER 2015

Wat ‘n voortreflike uitvoering van die Toneelteks: Dagmaan, deur Maretha Maartens. Die uitvoering het gestaan onder leiding van Michell Hetzel, regisseur, Andre en Schoeme, akteurs, en Ebeth Wilson, Bestuurder SEKER PRODUKSIES. In kort handel die teks oor ‘n ware verhaal van ‘n man wat diamante smokkel, en by skelmpies betrokke is. Sy vrou vind dit uit. En die vonke spat. Toe die aktrise, Schoeme, haar mond oopmaak was daar elektrisiteit in die lug. Ons het regop gesit. Sy en Andre het die rolle professioneel vertolk. Hulle albei het in die rolle ingeklim. En uitstaande spel gelewer. Die terugvoering na die tyd was so verblydend positief. Baie dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het: ds. Hansie Steyn, Michelle, Andre, Schoeme, en Ebeth. Baie dankie aan die kykers en julle terugvoer. Die gehoor wou nie loop nie. Hulle was amper soos my kleindogter wat sê: nog, Oupa, nog gedroogte vrugte. Nog DAGMAAN.

No comments:

Post a Comment