Thursday 29 October 2015

AFRIKAANS, STANDBEELDE EN STUDENTEONRUS.


AFRIKAANS, STANDBEELDE EN STUDENTEONRUS.

 

Ons lewe in ‘n kultuurversnelling. Die verlede, of Ou Orde, is nie meer populêr in ‘n nuwe bestel nie.  Dink maar net toe, jy en ek, geskiedenis op skool geneem het. Ons het in die laat 50’s van die vorige eeu,  ‘n blou geskiedenis boek gehad. Daarin is die Franse Revolusie, en die Bolsjewiste Revolusie in Rusland bespreek. Die Koning en die Tsjaar is uitgekuif en vervang met sg. ‘n Nuwe Orde’s. Soos nou huidiglik met die Arabiese Lente, en ook die massa-immigrasie. Wel dit mag nuut klink, maar dit is nie. Verandering vind plaas in snelheid. Oral word die Ou Bestel vernietig en ‘n poging aangewend om ‘n sg Nuwe Een orent te bring. Ou korrupte Diktators word nou vervang met Nuwe korrupte Demokrate.

Afrikaans, Standbeelde en Studenteonrus is nou net so vloeiend asg van die sg Nuwe Bestel wat die Ou Bedeling wil uitwis. Beelde se bestorming is so oud soos die mensdom. Kultuurskatte word vernietig deur die gepeupel weens die herinnering aan die gehate verlede. Alle simbole moet gaan. Nuwes verrys.

Die vraag is hoe moet ons dit hanteer? Dit verg leierskap by uitnemendheid. Galate kan ons dit nie aanvaar nie. ‘n Rebellie of ‘n Opstand om Beelde te behou, is destruktief. Gesprek is noodsaaklik. Hierdie keer is ‘n waagmoedige gesprek nodig. Gaan sit met die gepeupel om die tafel en vind ‘n kompromis. Henry Kissinger se versoeningsmetode om met alle partye te praat, is ‘n voorbeeld daarvan. Hofsake is nie die antwoord nie. Hofuistsprake teen die huidige Bestel is soos olie op die vuur. Die Nuwe Orde vervang net die Regters op die Regbank.

No comments:

Post a Comment