Wednesday 28 October 2015

MALEMA VOOR DIE SRB EN JSE.


MALEMA VOOR DIE SRB EN JSE.

Dit is maklik om Julius Malema se toespraak voor die SRB en JSE af te maak. Ons kan vele argumente daarteen aanvoer.  Rasionele argumente sal die massa’s van  SA nie oortuig nie, en veral nie mense met niks nie. Hier is heelwat  mense met geen  gebalanseerde voedsel, behuising en sanitasie-geriewe nie. Ons moet begin aanvaar: die werklikheid is anders in SA.

Wat ons wel kan sê, is: Julius Malema is ‘n knap politikus. Hy hoor en lees die politieke landskap reg. Natuurlik slaan hy die rassedrom, soos wat ons ook in die verlede gedoen het, om stemme te werf. Sy mikpunt is om 2 miljoen stemme in 2016 se munisipale verkiesing te mobiliseer.

Wat ons wel van kennis behoort te neem, is: Hy is ‘n spreekbuis vir miljoene. Ek steek vas op ‘n punt: ons sal dringend na ‘n nuwe ekonomiese bestel vir SA moet kyk. ‘n Gereguleerde stelsel of om ou terme te geruik ‘n 2 strome beleid. 80% Gereguleer en 20% vryemark stelsel.

Wel, ons kan bly soos ons is en die gevolge dra. As ‘n mens by die Tempelmuur in Jerusalem kom, is daar ‘n baie interessante video. 70nc sit die Höepriester op sy stoel. Terwyl die opstandelinge buite aan die mure stoot, sê een van die volgelinge: mnr. hier is moeilikheid. Die maghebber verklaar: moenie jou aan die gepeupel en die hongeriges  steur nie.  Die gevolge hiervan is geskiedenis.

No comments:

Post a Comment